Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Slanke M1 Homage lyk ernstig beneuk
Die BMW Turbo is donkiejare gelede as so voortydig as ’n selfoon op die Groot Trek beskou. Tog was die vreemde konsep van Paul Bracq die voorspel tot een van BMW se indrukwekkendste voertuie tot nou toe – die M1. Die M1 vier vanjaar sy dertigste verjaardag. Toe dit destyds die lig gesien het, was vriend en vyand verbaas oor die uiters sportiewe BMW wat gou sy staal op die wêreld se voorste renbane getoon het. En die vuurwa was natuurlik geredelik beskikbaar vir ouens met ’n vet bankbalans wat die koppe wou laat draai. Die M1 was BMW se aanslag op die supersportmotor-segment. Die resep was reg – ’n enjin wat in die middel agter die twee voorste sitplekke gemonteer is en lang, slanke lyne vir die bakwerk in tipiese sportmotortradisie. Die M1 se ontwerp is natuurlik deur Giorgio Giugiaro vasgepen soos net h? kon. Om die M1 te gedenk, het die BMW M1 Homage pas die lig gesien en hoewel dit bloot ’n konsep of ’n ontwerp-studie in BMW-taal is, weet enige petrolkop dat dit ’n uitstekende kans is hierdie vir ’n R8-mededinger wat terselfdertyd sommer ’n klompie Porsches en Ferrari’s skrik op die lyf kan jaag. Die wenresep van die M1 is nougeset gevolg. Die enjin sit agter die sitplekke en BMW sê die kajuit is aansienlik groter as dié van die oorspronklike M1. Daar is hortjies oor die enjinkompartement en agter is twee BMW-kentekens in tipiese M1-tradisie. Die agterligte lyk of dit onder die enjinkap verdwyn met ’n dodelike gluur wat sê “nou sien jy my, binne sekondes is ek weg voor jou”. Voor is daar BMW se mees byderwetse vertolking van die vervaardiger se niertjie-sierrooster. En dan is daar die voorligte. Waar die oorspronklike M1 se ligte van die opwip-tipe was, is die M1 Homage s’n onder die neusgedeelte gebêre en net sigbaar wanneer dit aangeskakel word. Ook van voor lyk die M1 Homage ernstig beneuk. Van die kant gesien, is die lyne vloeiend en daar is selfs iets van BMW se Hofmeister-ontwerp sigbaar. Groot luginlate voor die agterwiele sorg dat die enjin genoeg suurstof kry en die wielboë agter bult venynig uit. BMW is tans maar snoep met nog inligting, maar daar’s min twyfel dat die M1 Homage ook oor al die jongste tegnologie beskik.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|