Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Jeep bied nou beter verrigting
Jeep het sy sewesitplek-Commander-reeks ’n bietjie uitgebrei. Die nuutste toevoeging tot hierdie reeks is die Jeep Commander Extreme Sport, ’n model wat in prys en kragvlak tussen die intreevlak-Sport en die top- Limited-model inskuif. Volgens Jeep is die model spesifiek geskep om ’n goeie mengsel van verrigting en waarde vir geld te bied. Die grootste verskil tussen hierdie en ander Commander-modelle is die gebruik van ’n Startec- elektroniese enjinbeheerstelsel. Hierdie veranderings stoot die drieliter-turbodiesel se krag op van 165 kW tot 193 kW en wringkrag word ook gelig van 510 Nm tot 580 Nm. Die veranderings, aldus Jeep, sal nie die waarborg of die enjin se lewensduur beïnvloed nie en word ten volle deur die groep self ondersteun. Die sprong in wringkrag is veral goeie nuus vir mense wat hou van karavaan sleep, aangesien die ekstra wringkrag veral in lae toere aanvoelbaar is. In die binneruim is daar nou volle leerbeslag op al die sitplekke, terwyl die nuwe model ook toegerus word met ’n sleepstang en klein “Extreme Sport”-kentekens. Die nuwe Jeep is reeds na handelaars verskeep, maar volgens die groep sal daar slegs ’n beperkte aantal beskikbaar wees. Die nuwe model kos R439 900, wat hom net bo die intreevlak- 4,7 liter-petrolmodel inskuif. Die Cherokee spog duidelik nog met die Jeep-DNS wat reeds vir meer as ses dekades gebruik word, maar die model self is heeltemal nuut. Van buite gesien is die model meer hoekig, in pas met die stilering van voertuie soos die Commander en Wrangler, en dit is veral die hoekige voorste ligte wat die oog vang. Onder die enjin is Jeep se bekende 2,8 CRD-turbodiesel-enjin, gekoppel aan ’n vyfgang-outokas, of die 3,7 liter V6-petrolmodel wat gekoppel is aan ’n viergang-outokas. Die nuwe model word vroeg in Junie aan die pers bekend gestel.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|