Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Taai Hardbody nou NP300
May 14 2008 02:42:30:343PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Al drie modelle - die gewone Hi-Rider, die intreevlak-werksesel en die dubbelkajuit-vlagskip - het sluitewenaars en die 4x4 kry 'n gly-ewenaar.
Pieter Oosthuizen


Nissan het die strukture van sy uiters positiewe bakkie-opset behoorlik gedefinieer met die bekendstelling van die 16de generasie Hardbody as die NP300.

Die immergroen Hardbody, een van die land se grootste suksesverhale, word hiermee amptelik tot die werkesel- en ’n stukkie van die leefstylmark beperk. As jy hoër mik, dan is die Navara vir jou bedoel.

Hennie Kotze, kommersiële produkbestuurder van Nissan SA, sê die V6- en drieliterturbo-Hardbody sal binne die volgende kwartaal van pryslyste te verdwyn.

Die NP300 is een van nege nuwelinge wat Nissan vanjaar globaal bekend stel nadat die maatskappy verlede jaar 3,77 miljoen voertuie verkoop het. Dis ’n styging van 8,2%.

Die NP300, wat vir Nissan Pickup staan en na die modelnommer in die vervaardiger se globale kommersiële voertuigreeks verwys, is steeds ’n Hardbody.

Die grootste verbeterings het te doen met die toevoeging van Nissan se lekker turbodiesel van 2,5 liter, ’n diensplan vir amper alle modelle, beter dienstussenposes en veiligheid en kosmetiese opkikkerings.

Die turbodiesel, wat die ou dieselenjin van 2,7 liter vervang, het 34 kW en 126 Nm meer en is nou die sterkste onder die land se werkesels.

“Die petrolmodelle gee ’n paar kilowatt en wringkrag prys om aan uitlaatgas-regulasies te voldoen en nog beter duursaamheid te skep,” sê Kotze.

Die nuwe reeks van 15 modelle sluit in drie enjingroottes, net soveel spesifikasievlakke, lang- en kortbakke met verskillende grondvryhoogtes sowel as enkel- en dubbelkajuitbakkies.

Sewe modelle is nou beskikbaar en die ander, wat die 4x4-modelle insluit, kom nog.

Die tien werkeselmodelle is gelykop verdeel met petrol- en dieselkrag en kry ook hoër spesifikasievlakke van toerusting.

Net die diesel-langbak-enkelkajuit is vir eers beskikbaar, en die eerste dubbelkajuit is die tweewielaangedrewe 2,4-Hi-Rider. Die dieselmodel gaan gewild wees; statistieke wys dat waar verkope van kommersiële voertuie in 2003 50/50 tussen petrol en diesel verdeel was, 64% nou diesel gebruik.

Nissan het met die NP300 Hardbody op die koste van eienaarskap gefokus. Volgens Chris Schell, hoofbestuurder van handelsvoertuigverkope- en bemarking by Nissan SA, is op klein, medium- en mikro-entrepreneurs gekonsentreer.

Nissan het dit reggekry om prysverhoging tot 1% te beperk in ’n produk waarvan die waarde van verbeterings 24% is.

“Ja, ons wil die Chinese inval teenwerk. Die kwessie van lokalisering help met koste, want al offer ons ’n bietjie winsgewendheid hiermee op, help die gebruik van plaaslike en standaardinhoud om koste te sny,” sê Schell.

Die Hardbody is die tweede gewildste kommersiële eentonner ná Toyota, maar volgens die tydskrif SA Bakkie die beste werkesel sedert 2004.

Die tweelitermodel ry steeds baie lekkerder aan die kus as op die Hoëveld. Die kortbak-tweeliterwerkesel is enig in sy klas en so intreevlak as kan kom.

Kajuitverbeterings sluit in lugversorging en dubbele lugsakke as standaard in sekere modelle, terwyl sommige werkeselmodelle digitale ritmeters, ’n horlosie, odometer, dakligte en ’n paneelkassie bykry. Die stuurwiel is effe aangepas, maar die viniel-vloermatte is te glad en die deurgleuwe te klein.

Dienstussenposes is 15 000 en al die modelle, met die uitsondering van die kortbak-tweeliter, kry die diensplan van 3 jaar/90 000 km.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |