Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Kar-‘geheime’ bekend
Al ooit gewonder wat daardie rooi gevaarte by die handelaar op die hoek regtig werd is? Gaan kyk gou op die web. TransUnion – die maatskappy wat die welbekende Mead & McGrouther-boekies (nou onder die TransUnion-handelsnaam) administreer – het nou die deure vir Jan Publiek oopgegooi om presies te sien wat staan in daardie boekie wat die handelaar so styf teen sy bors vasklou. Die nuwe webruimte is beskikbaar by www.myautoinfo.co.za en bevat ’n horde waardevolle inligting vir motorkopers en -verkopers. Die nuwe webruimte bied twee afsonderlike dienste of ’n samevatting van albei teen ’n laer prys. Die eerste en sekerlik die een wat die meeste gebruik sal word, is Auto Value. Hierdie diens kos R25 en gee dieselfde geraamde waarde van ’n gebruikte motor as die welbekende boekies. Hierdie waardasiediens word beskou as die industrie-standaard en is die enigste van sy soort in Suid-Afrika. TransUnion versamel al die moontlike inligting van soortgelyke motors en waarvoor hulle in die mark verkoop is. Hulle gebruik dan wiskundige modelle om ekstra opsies en die spesifieke motor se gehalte in ag te neem en gee daarna ’n gemiddelde waarde van die motor. Nuwe motors of modelle wat vir minder as 12 maande op die mark is, word nie in ag geneem nie. Die tweede diens kos R92 en staan bekend as Auto Check. Met hierdie diens kan ’n potensiële koper – veral in ’n private transaksie of by ’n twyfelagtige handelaar – die motor se geskiedenis gaan opsoek. Deur die motor se enjin- en onderstelnommers, registrasienommer en jaar van registrasie in te sleutel, kan jy sien of die motor se besonderhede wel klop met die nasionale databasis. Ander slim toevoegings tot hierdie diens sluit in inligting oor die finansiering op die motor, versekeringsbesonderhede (indien beskikbaar), aanduidings of die motor wel in die verlede van eienaar verwissel en weer geregistreer is, en binnekort ook inligting wat aandui of die polisie moontlik die kar ondersoek en dat dit dus ’n gesteelde motor kan wees. Teen R105 kan ’n mens albei ondersoeke gelyktydig doen en in alle gevalle stoor die stelsel dit vir latere nagaan en kan ’n mens ’n verslag uitdruk. “Ons het probeer om die koste so laag as moontlik te hou. Die feit is dat R105 weglaatbaar klein is in vergelyking met die prys van die voertuig wat jy wil koop en die gerusstelling wat jy kry,” sê Mike von Höne, ’n bestuurder by TransUnion Auto. Volgens Von Höne moet jy registreer om die diens te gebruik, maar dié stap kos niks nie. ’n Mens kan met jou kredietkaart betaal, ’n elektroniese oordrag doen of die betaling by ’n bank maak. In die laaste twee gevalle sal TransUnion vir jou ’n SMS stuur sodra die inligting beskikbaar is. Die stelsel sal ook eers geld vra indien hy vasgestel het dat die spesifieke voertuig wel op die stelsel is. Inligting wat reeds op die webblad beskikbaar is, is ’n opsporingsdiens waar jy deur die geregistreerde handelaars se gebruikte motors kan soek, raad oor waarna om te kyk as jy ’n gebruikte motor koop en inligting oor hoe om die diens te gebruik.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|