Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Langer en steeds rats
Opel gaan uiteindelik ’n sedan-weergawe van sy Astra bou. Die nuwe Opel Astra-sedan is in China by die Beijing-motorskou gewys en sal aanvanklik slegs met ’n 1,8 liter-petrolenjin beskikbaar wees. China is nou duidelik op groot motorvervaardigers se radarskerms en al hoe meer nuwe modelle word hier vir die eerste keer gewys. Die Astra-sedan word lank reeds verwag omdat Opel tradisioneel sowel ’n luikrug as ’n sedan van die Astra bou. Volgens General Motors Suid-Afrika, Opel se moedermaatskappy, is daar egter nou geen planne om die motor hierheen te bring nie. Die Astra-reeks word ten volle ingevoer en nie meer in Suid-Afrika gebou nie. Die sedan gebruik ’n effens langer platform as die luikrug en gevolglik is sy onderstel gerek tot 2,7 m en sy totale lengte tot 4,58 m. Tussen die wiele lê die luikrug se McPherson-veerstelsel voor en Opel se bekende torsiestaaf-veertelsel agter. Die Astra-sedan sal toegerus wees met al Opel se veiligheidsaspekte, soos sy IDS-stelsel wat verskeie ander stelsels saamvat, ABS-remme, stabiliteitsbeheer en remhulp in draaie. Die skoumodel is ook toegerus met parkeersensors. Onder die vel is Opel se bekende 1,8 liter Ecotec-enjin wat 103 kW en 175 Nm lewer.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|