Madiba in Orania
Op 15 Augustus 1995 het Madiba Orania besoek. Dana was daar.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Ryk, ryker, stinkryk
    May 14 2008 02:42:26:110PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Die Tungsten is 'n toonbeeld van wat Rolls-Royce kan doen. Let op die enjinkap van vlekvrye staal en die groot allooivellings.Foto: Rolls-Royce
    Leo Kok


    Rolls-Royce se Phantom is reeds die verkose ryding vir rykes wat hul rykdom wil wys. Nou het hy nét die motor vir die ryke wat aan rykes wil wys dat hy of sy, wel, ryker is.

    Die Britse vervaardiger van handgeboude, superluukse rygoed het verlede week die Franse sjampanje uit die ys gelig vir die bekendstelling van sy spesiale Phantom Tungsten-weergawe in Sandton. Net 24 van hierdie ultra-luukse rygoed word gebou en een is reeds aan die suidpunt van Afrika.

    Wat die Tungsten-weergawe meer eksklusief maak as sy broers, wat immers almal op bestelling met die hand gebou word, is veral in die binneruim te sien. Hier sit die agterste passasiers onder ’n sterretjiesdak waar 800 speldpunt-ligdiodes bo jou kop flikker.

    Die insittendes sit op sagte fynleer en jou voete rus op dikpluis-wolmatte wat so sag is dat jy jou gesig daarmee wil was. Naas die eksklusiewe afwerking is daar ’n stel kristalglase en ’n kraffie vir jou beste whiskey, ’n diskrete yskassie hou die sjampanje koel en jy het TV-skerms agter, wat nie uit hul plek sou lyk in ’n rykmanshuis nie.

    Rolls sê hy het die paneelbord uit mikro-gegrafeerde blinkstaal gemaak en dit versag met Oos-Indiese rooshout-invoegsels en leer. Hierdie kombinasie van luukshede is selfs nie op bestelling in ’n gewone Phantom te vinde nie.

    Van buite trek die Tungsten aandag met sy handgepoleerde enjinkap van vlekvrye staal, aggressiewer uitlaatpype in dieselfde afwerking en blink 21 dm-allooi?vellings.

    Die motor is selfs in ’n eksklusiewe Tungsten-kleur geverf, wat dieper en donkerder as die gewone Phantom se reeks donker kleure vertoon.

    Die Tungsten het dieselfde V12-enjin van 6,75 liter as die gewone Phantom. In die binneruim is die unieke krag-reserwemeter die enigste aanduiding dat die enjin draai. Met 338 kW en 720 Nm sal die Tungsten selfs ’n Porsche Cayenne Turbo in die stof laat staan.

    ’n Joernalis se eerste vraag, maar gewis nie een op die lysie van potensiële kopers nie, is hoeveel die Tungsten kos. Die reaksie is altyd dieselfde, met die Rolls-Royce-bestuur wat bloot wenkbroue kreukel en dan, met ’n vernederende laggie, verduidelik dat Rolls nie pryse kwoteer nie. ’n Voëltjie het egter gefluit dat jy meer as R10 miljoen moet blaas as jy ’n Tungsten wil hê.

    Rolls-Royce Suid-Afrika het die laaste paar jaar stilweg gegroei en is steeds een van die bes presterende handelaars as ’n mens geraamde en werklike verkoopsyfers vergelyk.

    Die groep verkoop sowat 15 van hierdie koetse per jaar en daar is reeds 36 Rolls Phantom’s en Drophead Coupé-modelle op Suid-Afrikaanse paaie. Laasgenoemde is die reuse-afslaankap wat verlede jaar hier aangeland het.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |