Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Rattray weer voor ná Bulgarye
Die Durbanse KTM-jaer Tyla Rattray het in die afgelope naweek se Bulgaarse Grand Prix sy eerste plek in die MX2-wedloop teruggevat. Die Suid-Afrikaner was in die twee renne derde en vyfde, met die verdedigende wêreldkampioen, Antonio Cairoli van Italië (Yamaha), en die Brit Tommy Searle (KTM) die wenners. Maar Cairoli het weens ’n ongeluk 19de in die tweede ren geëindig. Rattray, wat sy voorsprong ná die Portugese ronde aan die Italiaanse jaer afgestaan het, is nou op 157 punte net vier voor Cairoli, met Searle ’n skrale vier punte verder terug. Daar bly nog 11 rondes in die reeks oor. ) Die SA Motocross Grand Prix, die land se enigste ware internasionale motorsportbyeenkoms vanjaar, word van 18 tot 20 Julie op die Alkmaar-baan in Nelspruit gehou. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|