Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Seer Lorenzo wil sy man staan op Le Mans
Die 21-jarige Jorge Lorenzo, tweede op die MotoGP-punteleer ná vier rondes van die wêreld se opwindendste baanrenreeks, het besluit sy Yamaha – pyn en al – is meer pret as ’n rolstoel. Die Spanjaard se gebreekte enkels, komplimente van ’n lelike ongeluk voor die Chinese Grand Prix voorverlede naweek, hou hom nie uit Sondag se Franse stryd op Le Mans nie. Lorenzo se spanmaat, Valentino Rossi, mik ná sy oorwinning in Sjanghai nou na sy 90ste sege in alle klasse. Hy het al twee keer die MotoGP op Le mans gewen, terwyl Lorenzo, wat vierde in China was, verlede jaar die 250-klas in Frankryk gewen het. Die eerste van sewe renne in tien weke gaan nie net Lorenzo se durf toets nie. Rossi se stryd met sy spanmaat en nog ’n Spanjaard op ’n Honda, Dani Pedrosa, was tot dusver ’n hoogtepunt. Indien Ducati ’n tweede asem kry en die verdedigende wêreldkampioen, Casey Stoner, veg saam met die voorlopers , wag nog vele hoogtepunte. Die Aussie het in Chinese oefenrondtes gewys hy het die spoed om terug te baklei, maar moes eindelik van ver af toekyk hoe Rossi die aanslag van Pedrosa afweer.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|