Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Chery skiet wortel in SA
Chery is hier, en hier om te bly. Dié Chinese groep is vanjaar maar tien jaar oud, maar teen die huidige groeitempo sal hy in 2010 een miljoen motors per jaar bou. Hiervan sal 500 000 vir uitvoermarkte bestem wees. Die groep is die grootste eg Chinese voertuigvervaardiger. Hy bou dus nie motors saam met ’n oorsese vennoot soos Volkswagen nie. As sodanig spog hy met die derde grootste markaandeel in China. Die groep het ook duidelik gewys dat hy op eie voete kan staan toe hy vanjaar beloof het om 38 nuwe modelle binne die volgende vyf jaar bekend te stel. Volgens Jolyan Nash, uitvoerende direkteur van McCarthy, werk McCarthy en Chery al vir etlike jare aan sy toetrede tot die SA mark. Volgens hom het McCarthy op Chery besluit na aanleiding van die groep se bestaande internasionale netwerk – hy is reeds in streke soos Oos Europa, Suid-Amerika, Suidoos-Asië en ander Afrika-lande. Verder het die groep ’n gevestigde netwerk van internasionale komponentverskaffers. Chery het ook sy eie reeks enjins in samewerking met AVL-List van Oostenryk ontwikkel. Beide Chery en McCarthy hou voet by stuk dat die groep hier is om te bly en saam verwag hulle om stadig weg te spring met 300 eenhede per maand. Die groep het reeds 27 handelaars op die been en vier hiervan is eksklusief Chery. Daar is ook 20 McCarthy Value Serve-dienspunte waar ’n mens jou voertuig kan versien. Drie modelle sal die reeks in Suid-Afrika vestig (sien berig op bl. 3) en Chery sê hy sal selfs oorweeg om motors in Suid-Afrika te monteer indien die vraag daarna dit regverdig.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|