Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Chery op die Chinese koek
May 14 2008 02:42:16:063PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die QQ3 is nou die goedkoopste nuwe motor in Suid-Afrika. Foto: Chery
Leo Kok


Suid-Afrika het ’n nuwe prysklaskampioen in die vorm van die nuwe Chery-reeks.

Hierdie Chinese groep, die grootste eg-Chinese vervaardiger van voertuie, is nou in die land met ’n reeks modelle wat reeds teen R59 900 wegspring. Dit is die eerste keer sedert 2001 dat Suid-Afrika ’n motor onder R60 000 kry.

Chery – skynbaar het die Chinese cheery (opgewek) bedoel – word deur die McCarthy-groep in die land ingebring. Die reeks volg in die bedenklike voetspore van GAZ, wat uit die land onttrek het, Meiya-bakkies en Foton-bussies, wat almal ook deur McCarthy ingebring word. Meiya het op die verkeerde voet in die land weggespring en McCarthy het die produk vir drie maande van die mark onttrek om aandag te gee aan bedenkinge oor die gehalte.

“Ons het baie lesse uit die vorige bekendstellings geleer,” sê Brand Pretorius, hoof van McCarthy. “Hierdie keer word sake reg gedoen.”

Pretorius besef egter dat die finale oordeel hieroor by die mark lê en hy sê dit is kopers met min kapitaal wat die finale besluit gaan maak.

Tydens die bekendstellingsrit verlede week in Gauteng was dit duidelik dat McCarthy sy huiswerk gedoen het. Die reeks word vanuit die staanspoor deur ’n netwerk van Chery- en McCarthy Value Centre- verkoops?punte sowel as deur McCarthy Value Serve-dienspunte en ’n driejaar-waarborg gerugsteun.

Die groep belowe ’n volledige reeks onderdele. Selfs kosmetiese onderdele wat in ongelukke beskadig word, lê in ’n nuwe sentrale pakhuis en wag. Hy sê kopers sal selfs ’n leenvoertuig kan kry indien hulle voertuig nie binne twee dae versien kan word nie. Op bl. 2 word meer besonderhede oor die maatskappy en inligting oor die hele reeks gegee.

  • Chery QQ3

    Die groep se nuwe prysvoorloper is die QQ3, ’n motortjie wat al etlike jare gelede opslae gemaak het deurdat hy ’n volmaakte kopie van ’n Chevrolet Spark was. Sedertdien het Chery die ontwerp aangepas en funksies bygevoeg en GM het met voorbehoud besluit om sy hofsaak uit te stel.

    Die QQ3 land in Suid-Afrika met die keuse van ’n driesilinder-800 cc-petrolenjin of ’n groter viersilinder-1,1 liter-weergawe.

    In eg-Chinese tradisie is albei weergawes besonder goed toegerus vir die prys, met selfs die onder-R60 000-model wat kragstuur en ’n afslaanagterbank kry. Beweeg verder in die reeks op en jy kry ’n radio, uitpluk-MP3-speler (hoewel geen CD-speler nie) en elektriese vensters. Die duurste model het selfs ’n basiese sondak, allooivellings en lugversorging.

    Al Chery se modelle word rangeer in vlakke wat wissel van TE (basies), TX (middelslag-luuks) en TXE (luuks).

    Op die pad het die QQ3 gemengde reaksie ontlok. Albei enjinvariante is gewillig, hoewel dit luid word as jy die enjin hard laat werk. Die afwerking is aanvaarbaar goed, selfs beter as vorige Uno’s en Indica’s, maar padgedrag laat ’n mens nie gerus nie. Hier moet jy waak teen vinnige baanwisselings omdat die romp en veerstelsel baie sywaartse en horisontale beweging toelaat. Die kar wieg baie as jy hom rondpluk.

  • Chery J5.

    Die J5 – A5 in China – is ’n besonder goed toegeruste intreevlaksedan. Teen R139 900 is dit een van die mees bekostigbare tweeliter-sedans in die mark en vir die prys kry ’n mens ’n CD-speler, elektriese vensters, lugversorging, kragstuur, twee lugsakke en ABS-remme.

    Die J5 bied selfs beter waarde as ’n mens die TXE-model teen R10 000 meer vat, want hierdie model bied onder meer ook leerbekleedsel, ’n CD-wisselaar en agterste parkeersensors.

    Die J5 het die meeste beïndruk op die pad. Die voertuig voel gemaklik en klankdemping en ritgehalte is die beste van die drie modelle. Die J5 se afwerking is beter as enige van die ander Chinese voertuie wat MotorBeeld reeds bestuur het, maar dit is nie op die Japanse of Europese vlak nie.

  • Chery Tiggo

    Derde in die ry van nuwe modelle is die Tiggo, ’n klein 4x2-sportnutsvoertuig wat meeding teen motors soos die Daihatsu Terios, maar met ’n 2 liter-enjin.

    Die Tiggo is as TX- en TXE-weergawes beskikbaar en bied ongeveer dieselfde luukshede, teen R20 000 meer, as die J5. Die enjin is ook identies.

    Op die pad het die Tiggo homself goed gedra, maar sy rit-, enjin- en padgeraasvlakke en algemene hantering was nie op dieselfde vlak as die J5 nie. Hier het die afwerkingsvlakke weer uitgestaan bo ander Chinese, maar afgesteek teen die groter spelers.

    Opsommend is die reeks ?Chery-voertuie besonder goed geprys vir hul spesifikasievlakke en enjingrootte, nie net teen bestaande handelsname nie, maar ook teen ander Chinese motors soos Geely. McCarthy sê al die modelle voldoen aan Euro III-uitlaatstandaarde en is in China en hier aan verlengde duursaamheidstoetse onderwerp.

    Of die motors die mas gaan opkom, sal die tyd moet leer, maar vergeleke met ander Chinese passasiersmotors en McCarthy se eie Meiya en Foton laat die Chery ’n mens met die eerste indruk dat hy ’n beter produk is as die meeste ander Chinese voertuie wat reeds in die land is.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |