Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Taylor kry sy kans agter Toyota-stuur
Toyota het die baanrenjaer Anthony Taylor in die plek van Bevan Bert?holdt in sy Castrol-gesteunde fabriekspan ingesluit. Bertholdt het nie aan die verwagtinge voldoen nie nadat Toyota Suid-Afrika hom aan die begin van die seisoen vir drie veldrenne gekontrakteer het om te sien hoe hy in die superproduksie-Hilux vaar. Die ervare navigator Robin Houghton behou sy plek in die bakkie. Sy eerste veldren langs Taylor is die Nissan Sugarbelt 400 môre en Saterdag in KwaZulu-Natal, en dan volg die Toyota-woestynren oor 1 000 km. “Die ooreenkoms (met Bertholdt) was op verrigting in drie byeenkomste gegrond,” het Wammy Hadad, TSA se motorsportbestuurder, gesê. “Nadat sy vertoningslys in oënskou geneem is, het albei partye saamgestem dat ons nie die verlangde resultate behaal het nie en dat ’n nuwe poging benodig word.” Bertholdt het weens ongelukke nie 2008 se eerste twee veldrenne voltooi nie. “Die Hilux V6 het gewys hy kan veldrenne wen, soos wat Mark Cronjé in die Oos-Kaap gewys het,” sê Haddad. “Ons moet die bakkie verder ontwikkel en benodig meer steun van die tweede span se voertuig. Anthony sal vir die volgende twee rondes daardie rol vervul. Anthony het vir Toyota in die toermotortydperk gewerk en afgesien van baanrenne, het hy ook tyd- en veldrenne agter die rug.” Die Sugarbelt 400 in die Eston-omgewing het al die bestanddele van ’n naelbytstryd nadat Cronjé die Oos-Kaapse ren gewen het, en danksy die feit dat Ford se Neil Woolridge in die suikerrietplantasies leer jaag het. Hierdie is die Ford- span se tuisbyeenkoms is. Voeg hierby die feit dat Nissan nie sommer ’n sege in sy eie byeenkoms gaan weggee nie en die tafel is gedek vir ’n bielie van ’n veldren. Die SA kampioen, Duncan Vos, het weer sy navigator, Ralph Pitchford, langs hom, terwyl Nissan se Noorweegse spanlid, Ivar Tollefsen, hierdie keer Francois Jordaan langs hom sal hê. Tollefsen se Britse navigator, Quin Evans, is huis toe omdat sy vrou hul baba verwag. In die afdeling vir spesiale voertuie is dit al amper reg of weg vir ’n hele paar spanne wat nog nie ’n veldren kon voltooi nie, soos Evan Hutchison/Achim Bergmann en Brandon Harcus/Richard Leeke (albei Bat). Hulle, sowel as ander Bat-spanne soos Gary Bertholdt/André Vermeulen en Nardus Alberts/Collin Hunter, het dieselfde uitdaging in KwaZulu-Natal. In Klas B en die opwindende nuwe Klas P lyk die storie anders: slegs drie punte skei die topdrie- spanne in Klas B en in Klas P is daar net vier punte tussen net soveel spanne.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|