Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Fransman is die jaer om te klop in Sardinië
May 14 2008 02:42:12:563PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die Citroën-span: regs is Sébastien Loeb en sy navigator, Daniel Elena . Agter die mikrofoon is Dani Sordo en langs hom sy navigator, Marc Marti. Foto: Citroën
Pieter Oosthuizen


Sébastien Loeb hoop die Italiaanse tydren is weer lief vir hom. Hy hoop hy kan dié naweek sy lyf Franse James Bond hou wanneer die sesde ronde van die Wêreldtydrenreeks op Sardinië beslis word.

Nadat dié wêreldkampioen in 2005 en 2006 daar gewen het, het hy verlede jaar nóg ’n sege op ’n skinkbord aan Marcus Grönholm gegee deur op die laaste oggend ’n ongeluk met sy Citroën C4 te maak.

Die Mediterreense eilandstryd, die vierde sedert die Italiaanse ronde in 2004 vanaf Sanremo se teerpaaie verskuif is, word Sondag voltrek met ’n supersneldeel om die hotel waar Roger Moore en Barbara Bach drie dekades gelede aan The spy who loved me gewerk het.

Loeb is soos Bond; jy moet hom eers ore aansit as jy jou lyf wil rondgooi. Maar die Franse jaer loop agter op die punteleer nadat sy waarskynlike sege in die Jordaniese tydren weens ’n trompop-botsing op die oop pad verydel is.

Ford, wat voorloop op die punteleer, het nie meer vir Grönholm nie. Dis soos Toyota wat nie meer vir Serge Damseaux het nie. Dis ’n probleem, al was Mikko Hirvonen verlede jaar tweede.

Hirvonen en sy Finse landgenoot Jari-Matti Latvala vorm ’n baie goeie kombinasie, maar in Europese renne kan Loeb meer op sy adjudant, Dani Sordo van Spanje, staatmaak om druk op die Finne te sit.

Terwyl Hirvonen sê hy is nie bekommerd om as eerste jaer die pad te “vee” nie, is Loeb bekommerd dat sy seisoen nie soos die Fin s’n verloop nie.

“Dit raak nou ’n bestendige geval van wen, verloor, wen, verloor. Dus móét ek nou weer wen. Hirvonen doen dit op die regte manier,” het Loeb aan wrc.com gesê.

Die grondpadroete oor 17 sneldele is nou, maar laat blitsige tye toe.

Die oppervlak is van fynerige grond, sanderig en langsaan wag klippe en rotse om wiele en veerstelsels te breek.

Die anderhalf dosyn sneldele is hoofsaaklik agt wat herhaal word en daarom word dit rowwer.

Môre word drie sneldele herhaal vir 131,5 km en Saterdag volg nog ses (134,6 km). Sondag word twee herhaal en om Bond se hotel geveg. Die tweede en vierde sneldele (34 km) is die langste.

) Die Italiaanse stryd is ook die derde ronde vir die juniors.

Die Fransman Sébastien Ogier (Citroën C2) is ná twee oorwinnings net soos Loeb die man om te klop.

Hierdie keer kan Ogier sy hande vol hê met die Renault Clio-aanslag van veral die Tsjeg Martin Prokop, wat die Jordaniese ronde misgeloop het, en die Sweed Patrik Sandell.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |