Slegter as hoenderspel kan dit nie gaan
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Pikant en steeds ‘cool’
    May 14 2008 02:42:08:313PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    'n Nuwe stel voor- en agterligte, skorte, 'n drukvlerk agter en nuwe allooivellings laat die Picanto opnuut vars vertoon. Sy padgedrag laat hom groter voel as wat hy is.Foto: Quickpic
    Klein botteltjie, groot gif, het Leo Kok gevind.

    Dit maak seer om elke paar dae by ’n vulstasie in te draai.

    In die verlede het ’n mens gevoel hoe jou beursie ligter word as jy by ’n pomp stop, maar nou voel dit sommer asof jy ’n lewensbelangrike orgaan verloor het as jy etlike honderd rand later daar wegry.

    Dis in hierdie omgewing van aanhoudend stygende brandstofpryse dat al hoe meer mense bel om te hoor wat ’n goeie klein motor gaan kos, mits hy natuurlik nog cool is.

    Of Kia geweet het wat met brandstofpryse en kooppatrone gaan gebeur, is debatteerbaar, maar sy nuutste Picanto pas hierdie neiging soos ’n handskoen.

    Die nuutste weergawe van sy kleine Picanto is onlangs opgeknap en nou, met nuwe ligte, ’n opgeknapte binneruim en ’n voorkoms wat verander het van maltese poedel na staffie is hy vol in die visier van hierdie nuwe kopersneigings.

    Motor-Beeld het onlangs die R105 995-EX-weergawe bestuur. Hierdie model is staffie uitgeknip, want hy is toegerus met 15 dm-laerprofiel-bande, voorste en kantskorte, ’n drukvlerk, aluminiumpedale, misligte voor en agter en allooivellings wat baie trek na die GTI. Die dunner rubber en skorte help veral om die motor ’n laer en doelgerigte voorkoms te gee.

    Die Picanto is met ’n 1,1 liter-viersilinder-petrolenjin toegerus. ’n Mens moenie verwag om enige van die Picanto se rubber op die teerpad te verf met slegs 48 kW nie, maar jy kry wel die gevoel dat hy elke ons van daardie krag gebruik en dus sal hy normaalweg sy spoed op die grootpad hou of jou saam met die res van die verkeer laat vorder. Boonop was hy baie gewillig om diep in sy toerestrek teen ’n hoë spoed te bly.

    Op die pad help die EX se dikker tekkies en ’n verbasend direkte stuurstelsel om koers te hou en sy veringstelsel is meer as opgewasse teen enigiets wat die enjin na sy kant toe kan gooi.

    Die ratskakeling is ook gladder en meer direk as enigiets wat ons al in hierdie klas getoets het.

    Die grootste rede waarom die Picanto egter ’n baie goeie opsie in die huidige ekonomiese omstandighede is, is in die binneruim te vinde. Die Picanto voel meer solied en goed afgewerk as iets soos ’n Citroën C1 en teen die prys kry jy besonder baie toerusting.

    Die EX-model het onder meer twee lugsakke, ABS met noodrem-hulp, kragstuur met ’n verstelbare stuurwiel, elektriese vensters, lugversorging, sentrale sluiting en ’n alarm en baie stoorplekkies.

    Hier, in teenstelling met die C1 of Peugeot 107, kry ’n mens die gevoel dat Kia wou sien hoeveel hulle met ’n klein motor kan vermag, eerder as om te sien hoeveel hulle kan uitsny voor dit goedkoop begin lyk.

    Laastens verdien die radio, een van die beste teen hierdie prys, spesiale vermelding. ’n Mens kan byvoorbeeld ’n geheuestokkie met musiek, jou selfoon, mits hy ’n oorfoon-koppeling het, en jou iPod inprop. Laasgenoemde kan ’n mens volledig van die radio af verstel en jy kan ook sien watter liedjie speel. Dit is ’n veel meer volledige stelsel as selfs die een wat standaard op BMW’s aangebring word.

    Kia bied ’n vyfjaar-/100 000 km-waarborg én ’n diensplan en hoef slegs elke 15 000 km gediens te word.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |