Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Eensklaps is jy ’n wintie
KTM se leuse is “Ready to race” en hy bring dié filosofie ook straat toe. Een van die beste bewyse daarvan is sy 690 SM – oftewel Supermoto. Dit is die straat?weergawe van sy renfiets wat gebou is vir die Supermotard-renformule – eintlik maar veldfietse met padfietsbande wat om kronkelende bane jaag. Jy kan die SM se herkoms dadelik voel as jy hom opsaal. Met sy nuwe LC4-enkelsilinder-enjin van 690 cc en sy regop sitposisie, voel dit asof jy op ’n MX-fiets is. Dié gevoel word verder versterk deur sy hoekige stilering en die feit dat jy feitlik bo-op die tenk sit. Die KTM se afwerking beïndruk ook – daar is niks generies aan hom nie. Elke onderdeel en stukkie bakwerk is afsonderlik uitgedink en dra by tot sy windmaker-beeld. Kyk maar net na die metaalgeweefde rembuise. Laasgenoemde, tesame met behoorlike voorskywe en ’n lae massa (152 kg), dra by tot sekerlik die beste remkrag wat jy kan kry. Net een vinger is onder die meeste omstandighede genoeg! Sy raam en kwaliteitvering gee hom hantering soos geen ander padfiets nie. Hy is rats en gebou vir vinnige kronkels, of om links en regs tussen die verkeer deur te vleg. Jy kan hom maar rondgooi soos jy wil en as daar ’n opening is, draai net die versneller. Die fiets se kort ratverhoudings en baie wringkrag laat hom vinnig vorentoe skiet. Hoë snelhede is egter teen sy aard. Dan begin hy ongemaklik en minder koersvas voel. Maar in daardie stadium is hy reeds hoog op in sy kragkurwe. Net ’n effense draai van sy oor en hy skiet weer vorentoe. Jy is tog veronderstel om rond te speel sodra jy aan die bokant van sy kragkurwe kom. Jy kan met die 690 SM pendel, maar eintlik is dit net ’n (duur) speelding. ’n Doelgeboude, eksotiese pretfiets waarmee jy die res van die verkeer se name gat kan maak. Dít is ongelukkig ook sy enigste nadeel: Hy maak jou binne ’n dag ’n wintie! Eintlik maak dit glad nie sin om so ’n fiets te koop nie, maar aan die ander kant, moet alles altyd sin maak? Veral as dit by motorfietse kom? ) Prys: R97 999
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|