Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Vaarwel, kampioen van Afrika!
“Hoe vereer jy ’n legende?” vra Nissan se bemarkingsbestuurder vir ligte kommersiële voertuie, terwyl Eddie Eksteen en The Bats asem skep. In ’n Lanseria-loods neem ons amptelik afskeid van Afrika se klein champ. “Afskeid” is eintlik die verkeerde woord, want ons paaie gaan nog vir baie lank met die 1400-bakkie versier word. Boonop het die Nissan/Renault-alliansie R1 miljard in die Rosslyn-aanleg gepomp om ’n opvolger te bou. Dié nuweling, die NP200, is iets heeltemal anders en sal as die Suid-Afrikaanse weergawe van Renault se Roemeense Dacia Logan-bakkie saam met die goedkoop Sandero-sedan (die ander naam vir Dacia Logan) gebou word. Vir die eerste keer in 37 jaar word die oorspronklike Datsun-bakkie nie meer vervaardig nie. Daarom het Chris Schell bekend gemaak dat jy teen R89 100 een van die laaste 150 wat in Rosslyn gebou is, kan aanskaf. Dié Heritage Edition is genommer, met no. 1 wat aan die wenner van Nissan se bakkiestorie-kompetisie gaan. Schell sê die klein bakkie verdien ’n ruskans. “Hy was nooit in die kollig nie; hy het ’n in-die-hoekie-bestaan gevoer, maar miljoene rande se wins ingebring. “Sonder die 1400 sou ons nie gewees het wat ons vandag is nie. “Ons sal hom mis, maar ons sal hom steeds sien,” het hy gesê van die 275 000 klein Datsun- en Nissan-bakkies wat sedert die vroeë sewentigerjare plaaslik verkoop (100 000-kerf in 1989 oortref) en baie lewens aangeraak het. Daar is baie stories daar buite: Ek het die naweek ’n stokou 1400 in ’n kroeg se parkeerterrein gesien en die eienaar binne raakgeloop. “Hy isj al drie keer afgeskryf en wasj gesteel en onsj twee ry nog stjeeds.” Ek het dit nie verder gevat nie omdat hy op die randjie van dronkverdriet gehuiwer het. Maar hy het nie aangedik nie. Drie uit elke vyf 1400’s is gesteel, het Jan Venter van die Nissan-handelaarsraad by die afskeid gesê. “Van hulle het 800 000 km op die klok. “Hulle het vertoonlokale met motors soos die Pulsar tot die Almeira gedeel en twee generasies van die VW-kewer oorleef.” Die gemiddelde eienaarskap van ’n klein Nissan-bakkie, die enigste agterwielaangedrewe outjie wat skrikwekkende vragte kon karwei, is 16 jaar. Volgens Schell moet die nuweling groot skoene probeer vul. “Dis nie ’n erfenis wat jy sommer outomaties verkry nie.” Hy sê ook die NP200, wat van 1 Oktober te koop sal wees, se dravermoë word tot 800 kg beperk “omdat ons nie met onsself wil meeding nie”. Nissan SA se besturende direkteur, Mike Whitfield, het gesê “die uittrede van die legendariese 1400 moet nie as die einde nie, maar as die begin van ’n era gesien word”. Pieter OosthuizenHoe vereer jy ’n legende? vra Nissan se bemarkingsbestuurder vir ligte kommersiële voertuie terwyl Eddie Eksteen en The Bats asem skep waar ons in ’n Lanseria-loods amptelik afskeid neem van Afrika se klein Champ. “Afskeid” is eintlik die verkeerde woord, want ons paaie gaan nog vir baie lank met die 1400-bakkie versier word . Boonop het die Nissan/Renault-alliansie R1 miljard in die Rosslyn-aanleg gepomp om ’n opvolger te bou. Dié nuweling, die NP200, is iets heeltemal anders en sal as die Suid-Afrikaanse weergawe van Renault se Roemeense Dacia Logan-bakkie saam met die goedkoop Sandero-sedan (ander naam vir Dacia Logan) gebou word. Vir die eerste keer in 37 jaar word die oospronklike Datsun-bakkie nie meer vervaardig nie en daarom het Chris Schell bekend gemaak dat jy teen R89 100 een van die laaste 150 wat in Rosslyn gebou is, kan aanskaf. Dié Heritage Edition is genommer, met no. 1 wat aan die wenner van Nissan se bakkiestorie-kompetisie gaan. Schell sê die klein bakkie verdien ’n ruskans. “Hy was nooit in die kollig nie; hy het ’n in-die-hoekie-bestaan gevoer, maar miljoende rande se wins ingebring. “Sonder die 1400 sou ons nie gewees het wat ons vandag is nie. Ons sal hom mis, maar ons sal hom steeds sien,” het hy gesê van die 275 000 klein Datsun- en Nissan-bakkies wat sedert die vroeë sewentigerjare plaaslik verkoop (100 000-kerf in 1989 oortref) en baie lewens aangeraak het. Daar is baie stories daar buite: ek het die naweek ’n stokou 1400 in ’n kroeg se parkeerterrein gesien en die eienaar binne raakgeloop. “Hy isj al drie keer afgeskryf en wasj gesteel en onsj twee ry nog stjeeds.” Ek het dit nie verder gevat nie omdat hy op die randjie van dronkverdriet gehuiwer het. Maar hy het nie aangesit nie. Drie uit elke vyf 1400’s is gesteel, het Jan Venter van die Nissan-handelaarsraad by die afskeid gesê. “Van hulle het 800 000 km op die klok. Hulle het vertoonlokale met motors soos die Pulsar tot die Almeira gedeel en twee generasies van die VW-kewer oorleef.” Die gemiddelde eienaarskap van ’n klein Nissan-bakkie, die enigste agterwielaangedrewe outjie wat skrikwekkende vragte kon karwei, is 16 jaar.. Volgens Schell moet die nuweling groot skoene probeer vul. “Dis nie ’n erfenis wat jy sommer outomaties verkry nie.” Hy sê ook die NP200, wat van 1 Oktober te koop sal wees, se dravermoë word tot 800 kg beperk word “omdat ons nie met onself wil meeding nie”. Nissan SA se besturende direkteur, Mike Whitfield, het gesê “die uittrede van die legendariese 1400-bakkie moet nie as die einde nie, maar eerder as die begin van ’n era gesien word”. ■ Stuur jou storie aan: Nissan 1400 Bakkie, Privaatsak 217 Halfweghuis 1685 of besoek die vervaardiger se webtuiste.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|