Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Waentjie beperk aanvanklike skade
Jou luukse gholfoord het ’n klubhuis en tennisbane, maar het dit ’n brandweerwa? Die manne van Chana in Gezina, Pretoria, het so pas ’n nuwe brandweerwa-weergawe van die Chana Star- en Maxi-bakkies bekend gestel. Hierdie klein brandblusser is in Suid-Afrika se Gezina-tak ontwikkel en is juis gemik op luukse wooneenhede soos gholfoorde, kantoorkomplekse, plase en myne. Volgens Joos Marais, bestuurder van Chana Gezina, is die Fireblitz ontwerp om brandbestryding te doen in die tyd voor die brandweer opdaag. Hy sê dit geld veral vir die eerste paar minute wanneer die vuur begin en waar tydige aksie skade kan beperk. Volgens Marais tel ’n hele paar ontwerpelemente in die Fireblitz se guns. Hy sê die Star- én Maxi-modelle het net 9 m nodig om om te draai en selfs met die watertenk op kan die Star-model steeds 125 km/h haal. Die Star kan boonop op klein gholfpaadjies pas en sodoende maklik by brande uitkom. Die ombouing word doelgemaak om agterop die Star- of Maxi-model se laaibak te pas. Die Star se ombouing sluit ’n 750 liter-watertenk, ’n petrolpomp en verskeie waterpype in. Op die Maxi-model pas ’n 1 000 liter-watertenk, ’n sterker petrolgedrewe waterpomp en langer pype. Albei modelle word met ’n jaar lange waarborg verkoop, en basiese opleiding word verskaf. Gezina se Chana-handelaar het ook ’n rits ander opsies vir dié doelgeboude brandweerwa ontwerp. Dit sluit ’n sirene, luidsprekerstelsel, ekstra lere, ’n byl en ekstra toerusting in. Die groot trekpleister, aldus Marais, is die prys van R113 500 vir die kleinste Star Fireblitz.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|