Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Parlotones in Nelspruit
Nelspruit. – Blue Moon bied volgende naweek ’n uitsonderlike vertoning aan. Die Parlotones kom op 10 Mei saam met ander groepe soos Crash Car Burn, Black Hotels, One Sock Thief en Scars on 45 hier optree. Die hekke open om 18:00 en die show begin om 19:00. Kaartjies kan by die Crossings-sentrum gekoop word teen R60 of by die hekke teen R70 op die dag van die konsert. Die Parlotones het die vermoë om selfs jou ouma in ’n warrelwind van energie vas te vang met hul innoverende en unieke liedjies. Die groep het in 2006 groot opslae gemaak toe hulle in Brittanje by verskeie internasionale platemaatskappye kontrakte geteken het. LanderPR, ’n internasionale reklamemaatskappy, wat onder meer vir Leanne Rhimes, Britney Spears, Michael Jackson en Christina Aguilera verantwoordelik is, het ook met die Parlotones ’n kontrak geteken. Hulle is vir die eerste keer werklik raakgesien toe hul eerste CD, Radio Controlled Robot, ’n toekenning vir die beste rock album by die Sama-toekennings vir 2006 gekry het. Hulle het onder meer saam met internasionale rockgroepe by die Coca-Cola Massive Mix-konsert opgetree. Toe hulle in 2006 gevra is om weer by dié konsert op te tree, was dit ’n groot eer omdat groepe nooit agtereenvolgende jare genooi word nie om herhaling te vermy. Vir meer inligting oor die vertoning by Blue Moon, skakel 013 744 9033 of besoek www.blue-moon.co.za.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|