' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Talentvolle akrobate mag nou ander leer
May 01 2008 09:18:01:757AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Tiaan Kotzé, Susan Robbertse en Theunis Botha van die Elite Acrobatics-klub het onlangs hul gevorderde akrobaatinstrukteurs-eksamen geslaag. Foto: Arisja Jacobs
Arisja Jacobs


Secunda. – Drie studente van die Elite Acrobatics-klub het onlangs hulle 14de en laaste eksamen geslaag.

Tiaan Kotzé (18), Theunis Botha (18) en Susan Robbertse (18) spog met hul sertifikate as gevorderde instrukteurs en is nou gekwalifiseerd om hulle eie akrobateklubs te begin. Hulle het verskeie kere aan die Afsa-beurskampioenskap deelgeneem waar net die land se bobaas- akrobatiese dansers kragte meet.

Tiaan het in gr. 6 by Heilette Carroll, ’n instrukteur, se akrobateklub aangesluit en het vir elke eksamen wat hy deur die jare afgelê het, 90% en selfs hoër behaal.

“Hy is die enigste kind wat ek die afgelope 15 jaar afgerig het wat sulke punte behaal het,” het Heilette gesê. Tiaan het gereeld aan die Suid-Afrikaanse akrobatekampioenskap en die Mpumalanga-kampioenskap deelgeneem.

Theunis is sedert hy drie jaar oud was ’n student van Heilette. Buiten verskeie prestasies op die jaarlikse Suid-Afrikaanse kampioenskappe het Theunis verlede jaar ook twee silwermedaljes by die American Dance Awards in Amerika verower.

Heilette beskryf Susan as een van die handjievol topdansers in die land.

“Sy is deel van die land se elite span akrobate en is in ’n liga van haar eie.” Susan het sedert sy as gr. 1-leerling by Heilette begin het, dosyne provinsiale en nasionale medaljes ingepalm.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |