Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Streek ruk hom reg vir beter noodgesondheid
Nelspruit. – Die departement van gesondheid het verlede naweek 102 nuwe ambulanse in die provinsie versprei. Mpho Gabashane, woordvoerder, sê dis deel van hulle voorbereiding vir die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi. “Met hierdie ambulanse is die droom van beter gesondheidsorg vir almal baie nader. Ons mense verdien te alle tye kwaliteitdiens en ons is verbind tot die lewering van sulke diens,” het die LUR, William Lubisi, gesê. Volgens Gabashane het die provinsie sedert 2005 ’n ommekeer in die Emergency Medical Services (EMS) bewerkstellig. By ’n indaba wat in 2005 gehou is, is besluit om die noodvoertuievloot op te gradeer, meer personeel aan te stel en gevorderde toerusting aan te skaf. Die 102 nuwe ambulanse bring die getal ambulanse in die provinsie nou op 226 te staan, uitgesluit die 31 reaksievoertuie. Die departement het reeds groot vordering gemaak om dienste te verbeter. “Ons het in die laaste twee jaar meer as 300 personeellede bygekry, wat die totaal op 800 te staan bring. ’n Direkteur vir die eenheid bring ook stabiliteit op leiersvlak.” Volgens Gabashane moes ambulanskantore (stasies) opgegradeer en nuwes bygevoeg word. Die radionetwerk moes ook regoor die provinsie verbeter word. Twee gevorderde lewensondersteuning-?ambulanse is vir die eerste keer vir die provinsie aangeskaf. Dit sluit die dienste van ’n ambulanshelikopter in. “Die helikopter kan enige punt in die provinsie binne 40 minute bereik en die radionetwerk kan duidelik tot by die uithoeke van die provinsie opvang.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|