Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Gesondheidsdienste sal met dié plan verbeter
Nelspruit.–“Die infrastruktuur van die gesondheidsdepartement landwyd is nie op standaard om goeie dienslewering te verseker nie.” Dít was die woorde van William Lubisi, LUR vir gesondheid in Mpumalanga, tydens ’n konferensie in Badplaas van 22 tot 24 April. Daarom het die provinsie ’n nuwe plan, die dienstransformasieplan (STP), bekend gemaak. Volgens Lubisi word geld steeds onderbenut “ten spyte van ’n hoë kapitaaluitleg op hospitale en fasiliteite. “Wat bestuur betref, is daar te veel klein hospitale in die openbare sektor en is die staatshospitale landwyd grotendeels oud. Die koste om dit te onderhou, is duurder as die kostes om dit te vervang.” Mpho Gabashane, woordvoerder van die gesondheidsdepartement, sê dit skep ’n probleem om die oorgekapitaliseerde sisteem van personeel te verskaf. “Met al die leemtes in sleutelposisies is dit onmoontlik om genoeg ondersteuning te verskaf aan die strewe om die diensvlakke op standaard te hou.” Daar is ’n behoefte om nuwe opsies vir dienslewering in veral Mpumalanga te ontwikkel sodat die provinsie sy eie doelwitte kan bereik. “Dit sluit die huidige, hoë gehalte dienslewering in.” Gabashane sê die STP bied volledige dienspakkette op alle vlakke in Mpumalanga aan. Dit dra ook by tot grondwetlike regte deur basiese dienslewering vir alle Suid-Afrikaners binne bestek van die beskikbare bronne te verseker. “Dis belangrik dat die STP dienslewering verbeter en meer dienste bereikbaar maak.” Volgens Gabashane moet maniere gevind word om die verspreiding van bronne en die gebruik van tegnologie te laat toeneem.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|