Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Stephan tuis, kry fisio vir nek
Middelburg. – Die 15-jarige Stephan Zeelie, wat sy nek tydens ’n rugbywedstryd gebreek het, sterk nou tuis aan. Volgens sy ma, Ethél Zeelie, is Stephan twee weke gelede uit die Pretoria-Oos-hospitaal ontslaan. “Dit gaan baie goed met Stephan. Hy sal oor drie weke weer ondersoek word. Hy verloor net baie skoolwerk. Hoe haal ’n leerling ses weke se skoolwerk in?” wou Ethél weet. Stephan is drie weke gelede in die Pretoria-Oos-hospitaal opgeneem nadat hy tydens ’n fisioterapiesessie “spelde en naalde” in sy arm begin voel het, sê Ethél. Dít nadat hy ’n paar weke tevore met ’n gebreekte nek in die Alberton Netcare Unie-hospitaal opgeneem en later ontslaan is. Hy is aangesê om rustig tuis te bly en fisioterapie te ondergaan. Hy het sy derde nekwerwel in ’n rugbywedstryd tussen die HTS Vereeniging en die Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo gebreek. Hy is ’n leerling by laasgenoemde skool en het die laaste tien minute van die o.15A-wedstryd uitgedraf. Stephan het egter op die nat veld gegly en geval. ’n Speler van die ander span het op sy nek geval, waarna Stephan nie weer kon opstaan nie. Met sy opname in die Pretoria-Oos-hospitaal het dr. Pieters Slabbert, ’n neurochirurg, die gebreekte werwel herstel. Sy C3-werwel was heeltemal verbrokkel. Dit het druk op die rugmurg geplaas, wat verlamming kon veroorsaak het. Dit kon van Stephan ’n kwadrupleeg gemaak het. Die verbrokkelde werwel het ook veroorsaak dat Stephan se nek erg vooroor begin druk het.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|