' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Omroeper in pekel
May 08 2008 03:27:38:103PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Naranda Nell

Nelspruit. – Mpho Given Madise, beter bekend as die omroeper Mo G op MPowerFM, is Dinsdag omstreeks 05:00 by sy huis in Nelspruit gearresteer nadat hy glo oor die langnaweek verdwyn het met ’n voertuig wat nie aan hom behoort nie.

Insp. Dawie Pretorius sê Mo G is op aanklag van die gebruik van ’n voertuig sonder toestemming van die eienaar in hegtenis geneem.

Hy het Dinsdag vlugtig in die Nelspruit-landdroshof verskyn, maar die aanklagte is nie aan hom gestel nie. Hy is op waarskuwing vrygelaat en moet op 28 Mei weer in die hof verskyn.

Madise het glo verlede Dinsdag ’n swart Volvo S40 vir ’n toetsrit geneem en is gevra om die voertuig verlede Woensdag om 16:00 terug te besorg aan AutoTec Nelspruit, aan wie die motor behoort.

Nadat Mo G glo herhaaldelik daaraan herinner is om die voertuig terug te bring, het hy sy selfoon afgesit en verdwyn.

Die voertuig is Maandagoggend in ’n woonstelblok se parkeerterrein in Nelspruit opgespoor.

Bewyse in die motor dui daarop dat Mo G honderde kilometers met die motor gery het, maar hy het dit ontken. MPowerFM se besturende direkteur, Bondo Ntuli, sê daar is genoeg rede om te vermoed hy het die Sama-toekenningsaand by Sun City gaan bywoon.

Bondo het verder gesê die stasiebestuur sou dié week met Mo G vergader om oor sy werk by die stasie te praat.

“Ek is baie teleurgesteld in sy optrede omdat hy ’n talentvolle omroeper is met groot potensiaal. Suksesvolle omroepers in dié bedryf is talentvol sowel as gedissiplineerd. Daar moet nooit skeiding tussen dié twee faktore wees nie,” het Bondo gesê.

“Mo G het die kanse verspeel wat hy veronderstel was om met albei hande aan te gryp.”

MPowerFM was sowat twee weke gelede ook in ’n verleentheid gedompel nadat een van sy platejoggies glo agter die mikrofoon aan die slaap geraak het, vermoedelik weens drank. Die platejoggie is sedertdien geskors.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |