' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Robbie-skuts gaan in Engeland aanlê
May 08 2008 03:27:34:840PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die skuts wat vir die Mpumalanga-skolespan gekies is. Voor is Christene Scholtz, Marni Olivier, Cornelia Roodt (afrigter), Bianca Botha en Bianca Nel. Agter is Hein Myers en Francois Loots.
Naranda Nell

Nelspruit. – Ná die naweek se Mpumalanga-skole-skietkompetisie het verskeie leerlinge van die Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier die Mpumalanga-skolespan vir skiet gehaal.

Jeannette Olwagen, woordvoerder van die skool, sê Christene Scholtz, Bianca Botha, Marni Olivier, Francois Loots, Hein Myers en Bianca Nel het só goed gevaar dat hulle in Augustus aan die internasionale junior hoërskoolkampioenskap in Bisley, Engeland, gaan deelneem.

Volgens haar is dit nie net vir die leerlinge ’n prestasie waarop hulle kan trots wees nie, maar ook vir die skool wie se naam hoog gehou word.

Cornelia Roodt, afrigter van die Robbies, het die nasionale spanne al drie keer na Bisley vergesel.

Jeannette sê Cornelia was in 2001 die afrigter van die skole?span en in 2004 en 2005 die afrigter van die Mpumalanga-span.

Sy sê die skuts gaan in die internasionale kompetisie in Bisley teen sowat agt ander lande deelneem.

“Tydens die kompetisie word daar ook tyd ingeruim vir die deelnemers om Londen beter te leer ken en op verskeie uitstappies te gaan.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |