' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Delmas is tops
May 08 2008 03:27:33:010PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Johan de Beer, die hoof van die Laerskool Delmas, by die toekenning as beste laerskool in die Nkangala-streek vir 2007. Foto: Arisja Jacobs
Arisja Jacobs

Delmas. – Die Laerskool Delmas is onlangs aangewys as die beste laerskool in die Nkangala-streek vir 2007. Die departement van onderwys het dié toekenning aan die skool gemaak.

Daar is 414 laerskole in die Nkangala-streek, onder meer in Witbank, Middelburg, Kriel en Kwamlanga.

Volgens die hoof, Johan de Beer, is die skool se slaagsyfer, verslae van departementele besoeke en die skool se algehele prestasie deur die jaar in ag geneem.

Johan skryf sy skool se sukses toe aan die personeel, beheerliggaam en ouers se betrokkenheid.

“Ons het 764 kinders in ons parallelmediumskool. Ons glo ook aan integrasie en transformasie en daarom het ons drie swart onderwysers wat hulle gewig in goud werd is,” het Johan gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |