' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Die enjins het gebrul
May 08 2008 03:27:31:010PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die Nelspruiters Joos en Danie Stassen vat omtrent nie grond in die 14de trajek nie. Foto: Willem Botha
Naranda Nell

Nelspruit. – Die Laeveld-stilte is behoorlik verbreek toe die enjins van die motors in die Sasol Rally deur die strate gebrul gekom het.

Dit was veral die wenners, Enzo Kuun en sy navigator, Guy Hodgson, se uitstekende bestuursvernuf wat die skare op hol gehad het.

Die 15 trajekte is oor twee dae in onder meer Sabie, die Graskop-omgewing, Witrivier en Nelspruit voltooi.

Nelspruit se Stassen-broers, Joos en Danie, het op die 11de trajek vir ’n boomstomp uitgeswaai en in ’n sandbank vasgejaag.

Dit het hulle 40 min gekos, maar nie verhinder dat hulle al die trajekte voltooi nie.

Hoewel hulle laaste by die skouterrein ingery het, het die skare hulle oorverdowend toegejuig – iets wat die rit vir hulle die moeite werd gemaak het.

Kuun en Hodgson het van die begin af voorgeloop in die Sasol Rally met hul klas S2000 BP Ultimate Volkswagen.

Hulle het reeds op die eerste dag ’n voorsprong van 49 s gehad. Kuun het slegs met een pap wiel per dag gesit en hul spanmaats Hergen Fekken en Pierre Arries, wat tweede gekom het in hul Volkswagen, het ook met min probleme gespog, veral toe hulle twee trajekte gewen het.

Kuun het steeds daarin geslaag om in totaal met 69 s voor te loop.

By die laaste trajek op die skouterrein het Kuun gesê hoe ekstaties hulle gevoel het.

“Ons is gek daarna. Nou is ons terug waar ons hoort.” Ondanks die gladde, nat paaie het hulle nie teruggehou nie.

Een van die teleurstellings is dat Jan Habig nie onder die toppresteerders was nie. Fekken het met 4 punte teenoor Habig se 15 voorgeloop toe daar nog vyf rondtes voorgelê het.

Habig en sy navigator, Douglas Judd, het reeds in die tweede trajek ’n rots met hul BP Polo getref, wat hulle sonder remme en ’n beskadigde wiel gelaat het. Hulle het 12 min in twee trajekte verloor, wat hulle ná die eerste dag in die 31ste plek gelaat het. Dit het Habig net meer geesdrif gegee om ’n stormagtige tweede dag aan te pak, wat hom in die algehele 11e plek gelaat het.

Nicholas Ryan en Schalk van Heerden het ’n derde plek behaal met Paul Pheiffer en Cindi Harding wat vierde gekom het. Team Total se Jean-Pierre Damseaux en Cobus Vrey was deel van die topvyf.

Ryan en Van Heerden het drie trajekte gewen of gelyk gekom met hul Toyota RunX. Damseaux en Vrey het hulle goed opdraand gegee in hul Total Evolution Toyota RunX.

Pheiffer en Harding, wat oorheers het in hul Nobili Mitsubi?shi Lancer Evo 6, het ook uitstekend gevaar totdat Ryan hulle laat Saterdagmiddag verbygesteek het.

Charl Wilken en Greg Godrich het sesde in hul Subaru Impreza geëindig.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |