Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
’n Skool vol kampioene
Middelburg. – Die HTS Middelburg se netbalspanne het skitterend gevaar in die NuPower Tuks-reeks vir tophoërskole. Volgens Susan Viljoen, die skool se kommunikasiebeampte, het die o.15A-span die Hoërskool Waterkloof gewen. Hulle is as die kampioene gekroon. “Al ons netbalspanne het al die wedstryde in hul groep gewen en die skole Transvalia, Jeugland en Florida geklop,” het Susan gesê. Hulle het die afgelope langnaweek in die kwarteind- en halfeindstryd teen al die ander 16 skole by Tukkies se sportvelde gespeel. Ná die eindstryde is die wenskole aangekondig. Die HTS Middelburg het tweede geëindig. Die totale punte was soos volg: 1. Waterkloof 127 2. HTS Middelburg 101 3. Marais Viljoen 98 4. Monument 97 5. EG Jansen 94 6. Pietersburg Die HTS-spanne se punte lyk só: Die o.15 A-span spog met goud en die o.16 A-span met silwer. Die o.15-span klop Pietersburg 31-8, Eldoraigne 20 – 17 en Waterkloof 26-23. Die o.16 A-span: Centurion : 16-15 (wen) Nelspruit : 26-16 (wen) Waterkloof : 19-25 (verloor) Die o.17 A-span: Waterkloof : 10-13 (verloor) Marais Viljoen : 18-16 (wen) Jeugland : 17-13 (wen) Die eerste span: Pietersburg : 11-15 (verloor) Monument : 14-18 (verloor) Jeugland : 23-16 (wen)
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|