' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Elke mes is ’n kunswerk
May 08 2008 03:27:27:260PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Carel Smith smee die lem van 'n nuwe mes. Foto: Arisja Jacobs
Arisja Jacobs

Sundra. – Staal, hout en koper kry ’n nuwe lewe wanneer dit in die hande van Carel Smith, ’n internasionaal bekende mesmaker, beland.

Dié 42-jarige onderwyser en rugbyafrigter by die Laerskool Delmas het selfs al ’n boek, The art of forging, patterning and colouring of Damascus steel, geskryf wat veral oorsee gewild is.

Damaskus-staal word geken aan die patrone daarin. Die smee daarvan is ’n eeue oue kuns wat deur die Vikings begin is. Damaskus-staalwerk is arbeidsintensief en daarom is dit skaars en duur.

Carel maak sy messe, dolke en swaarde so ver moontlik op die tradisionele manier. Hy het selfs die antieke manier waarop samoeraiswaarde gemaak is, bestudeer en probeer so ver moontlik daarby hou.

Carel het van kleins af in mesmakery belang gestel.

“Ek het myself geleer deur boeke te lees en die tegnieke aan te leer.”

Hy is in 1994 tot die mesmakersgilde van Suid-Afrika toegelaat nadat hy vyf messe aan die gilde voorgelê het. Slegs sowat 100 uit die sowat 1 200 mesmakers in die land is al deur die gilde gekies om tot dié elitegroep te behoort.

Hy was in 2003 en 2004 die voorsitter van die gilde en dien steeds in die uitvoerende komitee. Dit is juis dié amp wat hom al met beroemde versamelaars, soos die akteur Nicholas Cage, te doen laat kry het.

Die meeste van Carel se meesterstukke word na Amerika uitgevoer.

“Die Suid-Afrikaanse mark is nie groot nie. Dis maar meestal jagmesse hier,” het Carel gesê.

Hy maak alles aan die mes self – van die hef uit stukke mammoet-ivoor tot gevlegde koperinvoegsels, selfs die skede.

“Dit is ’n groot werk. ’n Swaard neem my gemiddeld sowat twee tot drie maande om te maak, afhangend van wat die kliënt wil hê en ook hoeveel detail ek daaraan gee.”

Sy vrou, Hanlie, en kinders Liza (13), Koos (11) en Johannie (9), is van sy grootste bewonderaars. Koos het reeds al sy eerste mes gemaak en hou daarvan om by sy pa te leer.

“Ons kuier maar by Carel in sy werkswinkel wanneer ons hom min sien,” het Hanlie gespot.

“Elke mes is vir my ’n passie om te maak en bitter moeilik om weg te gee. Daarom werk ek reeds aan die volgende een voordat ek kan afstand doen,” het Carel gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |