Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Hier’s langtand-wenners
May 08 2008 03:27:25:730PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Madolo is uitgewys deur Matthew Durell, wat derde gekom het in die 2007-kompetisie. Matthew wen daarmee een nag vir vyf by die Sabledam- of Shipandani-oornaghutte in die wildtuin.
Naranda Nell

Nelspruit. – Vyf nuwe olifante met reuse-ivoortande is met verlede jaar se Tusker-kompetisie geïdentifiseer.

Raymond Travers, woordvoerder van die wildtuin, sê die kompetisie, waarvoor enige wildtuinbesoeker kon inskryf, het weer groot aftrek gekry.

“Dit is deel van ’n navorsingsprojek waar die publiek olifante met groot tande moet soek, identifiseer, afneem en die foto’s of video’s instuur sodat navorsers daarvan rekord kan hou.

“Die wenners word daarvolgens gekies.”

Foto’s of video-opnames en ’n volledige beskrywing word vir die kompetisie vereis.

Raymond sê Barry Swart is as die 2007-wenner aangewys. Hy het ’n olifant, Nwashinangana, tussen Lower Sabie en Tshokwane opgespoor.

“Hy is ook as die wenner aangewys omdat hy waardevolle inligting, soos merke op die ore, weergegee het.” Raymond sê die olifant is na Ted Whitfield, wat van 1970 tot 1994 ’n bewaarder was, genoem.

Barry wen twee nagte in die wildtuin sowel as ’n uitstappie saam met navorsers in die veld.

AJ de Wet het die olifant Ngunyupeze by die Red Rocks-gebied tussen die Bateleur-boskamp en die Shingwedzi-ruskamp opgespoor. Volgens Raymond is dié olifant na James Maluleke genoem.

AJ het twee nagte vir vier mense in enige kamp van sy keuse in die wildtuin gewen.

Matthew Durell, wat derde gekom het, het die olifant Madolo opgespoor. Madolo is na Johan Kloppers, wat van 1953 by die wildtuin gewerk het, genoem. Matthew wen oornagverblyf by Sabledam- of Shipandani-oornag- hutte vir vyf mense.

Raymond sê die beoordelaars is beïndruk met die moeite wat deelnemers gedoen het.

Die 2008-kompetisie vir olifante met die grootste ivoortande het reeds begin en sluit op 31 Desember. Vir meer inligting, besoek http://www.sanparks.org/parks/kruger/elephants/tuskers/emerging_project.php.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |