' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Dam word verkragplek
May 08 2008 03:27:23:823PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Kapt. Eddie Hall by die dammetjie in Witbank waar drie vroue die afgelope maand verkrag is. Foto: Aletta Otto
Aletta Otto

Witbank. – Die polisie vermoed dat die drie vroue wat die afgelope maand by die Klipfonteindammetjie verkrag is deur dieselfde bende aangeval is.

“Paartjies en veral vroue moet asseblief hierdie omgewing vermy. Mense moet asseblief nie hier kom ontspan nie. Dit is uiters gevaarlik,” het kapt. Eddie Hall, woordvoerder van die Witbank-polisiekantoor, gesê.

Volgens Eddie is drie voorvalle aangemeld waar vroue deur ’n bende by die dammetjie verkrag is.

In die jongste voorval is ’n paartjie by die dammetjie aangeval toe hulle Vrydagaand omstreeks 23:00 daar gestop het.

Ses mans het die vrou eenkant geneem en haar om die beurt verkrag.

Sowat twee weke gelede is ’n paartjie by die Tasbetpark-winkelsentrum oorrompel.

’n Groep mans het by hulle in hul voertuig gespring en hulle beveel om na die dammetjie te ry.

Daar het hulle die vrou weggeneem en is sy deur vier mans verkrag.

Aan die begin van April het ’n man en vrou glo hul “probleme by die dammetjie gaan uitpraat” toe hulle deur drie mans aangeval is. Die vrou is deur al drie mans verkrag.

“Dit was al die jare ’n liefdeshoekie. Maar nou is dit ’n nagmerrieplek met hierdie bende wat hulle toespits op verkragtings,” het Eddie gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |