Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Kompetisiereëls
Sep 06 2007 12:50:51:933PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

  • Jy kan die studiebeurs aan die Noordwes-Pukke gebruik as jy voldoen aan die terme en voorwaardes van toelating tot die universiteit.

    Wanneer u deelneem aan Beeld en die Noordwes-Universiteit (NWU) se fotokompetisie aanvaar u alle bepalings, reëls en voorwaardes soos wat deur Beeld en NWU neergelê is.

    • Jy kan die studiebeurs aan die Noordwes-Pukke gebruik as jy voldoen aan die terme en voorwaardes van toelating tot die universiteit.

    • 'n Keur van foto's wat ingeskryf word, sal in onderskeidelik JIP en op Beeld se webtuiste geplaas word. Nie alle foto's sal gepubliseer word nie.

    • Foto's word deur 'n Beeld-paneel beoordeel en die tien finalis-paartjies sal aan die einde van die kompetisie bekendgemaak word. Die wenners sal op grond van lesers se SMS-stemme aangewys word.

    • Slegs e-pos-inskrywings word aanvaar by jip@beeld.com.

    • Deelnemers mag slegs een foto per e-pos aanheg.

    • Foto's mag nie digitaal gemanipuleer wees nie.

    • Deelnemers en/of lesers moet hulself bepaal by die volgende sperdatums: - Instuur van foto's vanaf Maandag 3 September tot Vrydag, 19 Oktober, om 10h00.

      Die finaliste word op Maandag 29 Oktober in JIP geplaas, waarna lesers tot 2 November per SMS vir die wenners kan stem.

    • Alle inskrywings word die eiendom van Beeld. Dit sal in 'n databank vasgelê word en Beeld en die borg mag die deelnemers se name en adresse vir toekomstige promosie-, bemarking- en publisiteitsdoeleindes gebruik. Deur in te skryf, stem die deelnemer toe daartoe en onderneem die deelnemer om 'n skriftelike versoek van Beeld in hierdie verband op aanvraag te onderteken.

    • Enige direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant van Beeld (of van die agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is) of 'n eggenoot, lewensmaat, ouer (aangeneem en aangetroud ingesluit), broers of susters (aangeneem ingesluit) of enige sakevennoot of assosiaat van 'n persoon wat hierbo genoem is, mag nie deelneem nie.

    • Beeld aanvaar nie verantwoordelikheid vir enige borge wat nie hul verpligtinge nakom nie.

    • Die promotor is Beeld en NWU. Indien vereis deur wetgewing of veranderinge in wetgewing sal Beeld en NWU die reg hê om hierdie promosie onmiddellik en sonder kennisgewing te staak. In die geval van sodanige beëindiging, stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle het kragtens hierdie promosie en gee hulle toe dat hulle geen regseis teen Beeld en NWU sal hê nie.

    • Alle deelnemers doen hiermee afstand ten gunste van Beeld en NWU afstand van enige eise in verband met enige skade en of koste wat die deelnemer mag hê, ly of opdoen deur die deelname aan die kompetisie en/of benutting van enige pryse. Alle deelnemers vrywaar Beeld en NWU teen enige skade wat enigeen van hulle mag ly en wat veroorsaak word deur sodanige deelneming.

    • Die beslissing van die redakteur van Beeld oor enige geskil in verband met die kompetisie en die pryse is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |