Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Beoordelaars
Die beoordelaars sal die finaliste in die drie kategorieë kies, waarna ons lesers per SMS vir die wenners sal stem. Die sameroeper van die beoordelaars is Johann van Tonder, 'n bekende Suid-Afrikaanse fotojoernalis. Van sy foto's is al in van die wêreld se voorste koerante en tydskrifte gepubliseer. Hy was fotoredakteur by Die Burger, susterkoerant van Beeld, na etlike jare as senior fotograaf by die koerant. Voorheen was hy by die Sunday Times in Kaapstad en was hy die Suid-Afrikaanse fotokorrespondent vir die Franse nuusfoto-agentskap, Gamma. Hy het ook vryskutwerk vir die nuusagentskappe Reuters en AP gedoen. Vir die afgelope sewe jaar doseer hy fotojoernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch en word gereeld betrek by Rhodes Universiteit se fotojoernalistiek-kursus. Dit behels ook dat hy ontwikkelinge in fotojoernalistiek op internasionale en plaaslike front monitor, en daaroor skryf. Hy bied ook kursusse en werksessies aan lede van die publiek, aspirantfotograwe en jong professionele fotojoernaliste. Johann is nie aan Beeld of Beeld.com verbonde nie. Dawid Roux, is fotoredakteur van Beeld. Hy het baie jare ervaring as koerant-fotograaf en is al gereeld vereer vir sy foto's. Hy het al dikwels as beoordelaar in fotokompetisies opgetree. Leon Botha, is hooffotograaf van Beeld in Pretoria. Leon het ook baie ervaring as fotograaf en het al verskeie pryse vir sy foto's ontvang. Leon is ook 'n gereelde beoordelaar in fotokompetisies. Collis Janse van Rensburg is 'n ervare joernalis wat al onder meer by die SAUK, News24 en as sportredakteur by Beeld gewerk het. Hy is tans senior joernalis by Beeld.com.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|