' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Foto-wenke
Jan 11 2008 02:07:19:090PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Kommentaar op lesers se foto's: 7
  • Kommentaar op lesers se foto's: 5
  • Kommentaar op lesers se foto's: 6
  • Kommentaar op lesers se foto's: 3
  • Kommentaar op lesers se foto's: 4
  • Wenke van twee fotograwe
  • Kommentaar op lesers se foto's: 1
  • Kommentaar op lesers se foto's: 2
  • Johann van Tonder, bekende fotojoernalis en sameroeper van die fotokompetisie se beoordelaarspaneel, sal gereeld deur die loop van die kompetisie wenke vir die neem van beter foto's gee.

    Hy sal ook kommentaar lewer op van die foto's wat lesers ingestuur het.

    Wenk 1:


    Iemand sal altyd êrens maan om nooit teen die lig af te neem nie. In die meeste gevalle is dit goeie raad. Ek het al voorheen verduidelik hoekom die riglyn is dat die ligpunte (die lugruim hier) eerder korrek belig moet word.

    Wenk 2:


    'n Bekende natuurfotograaf het by geleentheid gesê die natuur sorg self vir samestelling. Daarin is baie waarheid en mens moet net daarvoor soek. 'n Nabyskoot van hierdie varkblom, met sy sterk grafiese vorm, sou dalk beter gewerk het.

    Wenk 3:


    Kamoeflering is 'n kritiese oorlewingsmeganisme vir baie diere en plante. Dit skep 'n uitdaging vir die fotograaf omdat een van die belangrikste vereistes die feit is dat die onderwerp duidelik moet uitstaan van die res van die toneel.

    Wenk 4:


    Dikwels met sonsondergangtonele, soos hier, misken die fotograaf 'n toneel wat eintlik as 'n agtergrond behoort te dien vir 'n onderwerp. Sluit iets op die voorgrond in waar die oog tot rus kan kom.

    Wenk 5:


    Baie mooi samestelling. Die derdesreël bepaal dat die onderwerp nie in die middle van die raam geplaas moet word nie, maar eerder na een van die kante. Die voël kyk na links, wat die kyker se oog in die foto lei. Waak teen 'n blik na buite. Laastens het die telefotolens en 'n groot lensopening gesorg daarvoor dat die agtergrond uit fokus is, wat sodoende die aandag op die onderwerp vestig.

    Wenk 6:


    Nog 'n voorbeeld van 'n foto wat teen die lig afgeneem is. Dit is soms die moeite werd om te wag vir die onderwerp om selfs net effens van posisie te verander om lig op die gesig te kry. Onthou - fotografie beteken letterlik "verf met lig".

    Wenk 7:


    Duine is 'n baie grafiese onderwerp. In so 'n geval moet mens meer bewus wees daarvan en konsentreer op die lyne, vorme, skadu's, lig en kontras. Die spel tussen "koel" en "warm" kleure het altyd impak en was al voorheen hier onder bespreking.

    Wenk 8:


    Een van die merkwaardigste uitstallings wat ek al gesien het, was foto's geneem deur jong kinders. Met alles vanuit die perspektief van 'n volwassene se heuphoogte het dit 'n vars blik op die alledaagse gegee. Hierdie foto kon verbeter word deur plat op jou maag te lê eerder as om die blom van bo af te neem.

    Wenk 9:


    'n Foto wat 'n emosie ontlok, soos die rustigheid hier, sal altyd tref omdat die visuele medium dit soveel beter doen as woorde. Dink altyd aan die universele tema, soms subtiel en onderliggend aan die inhoud, wat jy kan oordra.

    Wenk 10:


    Wanneer daar water is, wees op die uitkyk vir 'n spieëlbeeld. Herhalende patrone werk goed.

    Wenk 11:


    Gesigsuitdrukking is wat die kyker se aandag vir 'n paar sekondes langer behou. Dit moet verkieslik die aard van die onderwerp ondersteun. 'n Luiperd wat verveeld lyk met die lewe het gewoon nie dieselfde trefkrag as hierdie oomblik nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |