Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Wenke van twee fotograwe
Dec 12 2007 03:57:19:827PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Johann van Tonder, bekende fotojoernalis en sameroeper van die fotokompetisie se beoordelaarspaneel, sal gereeld deur die loop van die kompetisie wenke vir die neem van beter foto's gee.

Hy sal ook kommentaar lewer op van die foto's wat lesers ingestuur het.

Wenk 1:


'n Algemene fout is steurende voorwerpe op die agtergrond wat die aandag aftrek van die onderwerp self. Hier lyk dit of die kerktoring uit die danser se kop groei. Bestudeer die toneel in jou kamera se viewfinder en maak seker dat elke element bedoel is om daar te wees en dat dit bydra tot die tema. Wees veral bedag op pale, bome en helder rooi voorwerpe.

Wenk 2:

 

Deur gewoon jou hoek te verander ten opsigte van 'n onderwerp kan jy die foto dramaties verbeter. In die voorbeelde is dieselfde veldblomme vanuit twee verskillende hoeke afgeneem. Deur plat op my maag te lê en die foto van onder te neem, het die foto het in sy geheel meer impak omdat dit 'n vars blik gee op 'n bekende toneel. Probeer altyd 'n verskeidenheid hoeke.

Wenk 3:


Naas die storie, idee of tema wat jou foto moet kommunikeer, is die belangrikste aspek van fotografie dat die onderwerp duidelik uitstaan bo die res van die toneel. Deur die loop van die kompetisie sal ons gereeld verwys na die verskillende tegnieke om dit te bewerkstellig. Die maklikste is waarskynlik om die onderwerp te omraam. Deur die windpomp op 'n plaas in die Noord-Kaap af te neem vanuit 'n ou gebou, vorm die venster 'n raam wat die onderwerp beter beklemtoon.

Wenk 4:
Digitale resolusie deur Leon Botha

Kliek hier vir die hoë resolusie.


Lae resolusie

Om jou digitale foto's se resolusie-gehalte af te skeep, is net so goed as om 'n swak pensioenplan vir die oudag te hê.

Digitale kameras se resolusie kan gestel word na gelang van die fotograaf se behoeftes. Selfs die mees basiese mik-en-druk-modelle het dié opsie.

Ongelukkig is dit ook 'n slaggat vir die amateur wat meen hy kry meer foto's op die geheuekaart wanneer die foto-resolusie "af" gestel word.

Sou jy bv. 'n 100 foto's kon neem op 'n kaart, en jy stel die resolusie af en die kamera wys dat jy nou 200 foto's kan neem, het jy pas helfte van die oorblywende foto's se kwaliteit weggegooi.

Dit het nogal 'n duik in mens se sak veroorsaak, maar in die dae van film en fotopapier, moes jy wel 'n paar rand opsy sit vir jou vakansiefoto's se prosessering en afdrukke. Die voordeel hiervan, was dat jy nog steeds met 'n meesterkopie na die tyd gesit het, die negatief of skyfie, afhangende waarmee jy geneem het.

Jy kan jare later weer afdrukke laat maak, en as die negatief goed bewaar is, kan jy oor en oor nog ordentlike kopieë maak.

Maar dis waar die digitale era 'n slegte nasmaak kan los. Sou die oorspronklike foto nie op 'n ordentlike resolusie geneem word nie, het mens pas oor die eerste hekkie gestruikel.

En sou jy jare later 'n swak digitale foto weer wil gebruik, gaan die swak gehalte dieselfde bly as hoe dit geneem is. As die oorspronklike foto in hoë resolusie afgeneem is, is jou opsies net soveel beter.

Dis eerder 'n geval van goedkoop koop, is duurkoop. Met film moes jy film aankoop soos jy jou stokperdjie beoefen het, maar in die digitale era is daar eenmalige uitgawes. Kry eerder 'n paar groter geheuekaarte en neem die foto's op die kamera se hoogste resolusie. As bergplek vir die foto's 'n probleem raak, kan jy dit aflaai op jou skootrekenaar of 'n draagbare hardeskyf.

En as jy dit nog 'n stappie verder wil vat, skiet op die RAW-stelling. Dis 'n kombinasie van die kamera se hoogste resolusie- en laagste kompressie-stelling. Digitale kameras kompakteer digitale informasie, al is dit op 'n hoë resolusie geneem.

Sou jy RAW skiet, laat dit die kamera die digitale inligting die minste kompakteer en jy sit met die beste digitale gehalte. As jy solank iets moeite werd wil bére vir die nageslag, oorweeg beslis 'n paar goeie gehalte digitale oomblikke.

  • Botha is Beeld se hooffotograaf in Pretoria en 'n beoordelaar in die kompetisie.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |