Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Kommentaar op lesers se foto's: 1
Dec 12 2007 03:57:18:827PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Johann van Tonder, bekende fotojoernalis en sameroeper van die fotokompetisie se beoordelaarspaneel, sal gereeld deur die loop van die kompetisie wenke vir die neem van beter foto's gee.

Hy sal ook kommentaar lewer op van die foto's wat lesers ingestuur het.

Wenk 1:


Die eerste reël van samestelling is dat die onderwerp duidelik moet uitstaan van die res van die toneel. Voordat jy die knoppie druk, vra jouself af wat presies dit is wat jy afneem en of dit duidelik genoeg van die agtergrond onderskei word. Soms is dit net nodig om 'n effense ander hoek te gebruik. Die druppels hier help om die fokuspunt te vind, maar mens se oog dwaal steeds rond oor die foto.

Wenk 2:


"Warm" en "koel" kleure (in hierdie geval oranje en groen), wat teen mekaar gestel word, sorg gewoonlik vir 'n foto met baie impak. Makrofotografie slaag dikwels daarin om die kyker te prikkel omdat die detail in die alledaagse vir ons so ongewoon is.

Wenk 3:


Wat in die foto se guns tel, is die mooi skynsel in die leeu se maanhare. Dit is 'n uitdaging om foto's teen die lig te neem, maar dit kan wel 'n vleiende en soms dramatiese effek verleen. Verhoed net dat die sonstrale direk op die lens val. Wat hierdie foto sou kon verbeter, is gesigsuitdrukking. Dis natuurlik moeilik om te beheer en daarom wag natuurfotograwe dikwels ure lank vir die regte oomblik.

Wenk 4:


Sonsondergange word tot vervelens afgeneem en dit is daarom moeilik om met die bestes mee te ding. Wees seker dat jy 'n mooi en betekenisvolle onderwerp teen die lug afneem wat as fokuspunt kan dien.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |