Kommentaar op lesers se foto's: 2
Dec 12 2007 03:57:18:060PM - (SA)
Johann van Tonder, bekende fotojoernalis en sameroeper van die fotokompetisie se beoordelaarspaneel, sal gereeld deur die loop van die kompetisie wenke vir die neem van beter foto's gee.
Hy sal ook kommentaar lewer op van die foto's wat lesers ingestuur het.
Wenk 1:
Hier is 'n voorbeeld van 'n toneel waar die lug "uitgewas" het omdat dit oorbelig is in vergelyking met die onderwerp (die boom). 'n Goue reël vir digitale fotografie is: belig die ligpunte (lugruim) korrek, eerder as skadu's (boom en voorgrond). Die foto sou kon verbeter word deur so laag as moontlik af te buk sodat die boom teen die lug uitgeëets word. Deur dan die lugruim korrek te belig, word 'n silhoeët met meer impak geskep.
Wenk 2:
Nog 'n mooi voorbeeld van hoe goed "warm" en "koel" kleure mekaar komplementeer. Kyk uit vir die warm rooi, geel en oranjes teenoor die koeler blou en groen skakerings. Die samestelling hier is verder goed hanteer deur die een boom op die voorgrond te plaas as 'n fokuspunt. Dit sou nie so treffend gewees het as al die bome min of meer dieselfde grootte was nie.
Wenk 3:
Uit die aard van die saak is sleutelmomente van primêre belang vir fotograwe. Dikwels is dit nie die hoogtepunt van 'n gebeurtenis nie, maar juis 'n oomblik vooruit, wanneer die drama en spanning hoog loop en die kyker wonder wat volgende gebeur het.
Teken in op Beeld
Kry Beeld op jou Facebook-profiel
Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi
|