Slegter as hoenderspel kan dit nie gaan
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Kommentaar op lesers se foto's: 3
    Dec 13 2007 07:11:02:837PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend

    Johann van Tonder, bekende fotojoernalis en sameroeper van die fotokompetisie se beoordelaarspaneel, sal gereeld deur die loop van die kompetisie wenke vir die neem van beter foto's gee.

    Hy sal ook kommentaar lewer op van die foto's wat lesers ingestuur het.

    Wenk 1:


    Interaksie tussen twee onderwerpe, in hierdie geval die impala's, word onderskat as een van die belangrikste elemente om emosie te ontlok. Nie net is 'n sterk moederlike band hier vasgevang nie, maar die samestelling komplementeer die foto.

    Wenk 2:


    Baie natuurfotograwe werk slegs in oggend- en aandlig ter wille van die kleur. Deur die agtergrond in hierdie foto korrek te belig, staan die onderbeligte onderwerpe duidelik uit in 'n indrukwekkende silhoeët. As die fotograaf sou probeer om eerder die bokke korrek te belig, sou die oorbeligte agtergrond uitgewas het sonder enige detail. 'n Goue reël vir digitale fotografie is: stel die lig volgens die helderste areas, eerder as skadu's.

    Wenk 3:


    Die effek van vloeiende water word dikwels in natuurfoto's gesien. Tegnies word dit gedoen deur die sluiterspoed relatief stadig te stel, dikwels langer as 'n sekonde. Dan is dit natuurlik noodsaaklik om 'n goed-geankerde driepoot te gebruik. Wat hierdie foto ekstra trefkrag gee is die samestelling: die onderskeie waterstrome skep lyne wat die oog telkens lei na die voorgrond.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |