Kommentaar op lesers se foto's: 6
Dec 18 2007 03:50:48:970PM - (SA)
Johann van Tonder, bekende fotojoernalis en sameroeper van die fotokompetisie se beoordelaarspaneel, sal gereeld deur die loop van die kompetisie wenke vir die neem van beter foto's gee.
Hy sal ook kommentaar lewer op van die foto's wat lesers ingestuur het.
Wenk 1:
Sam Basch van Monumentpark in Pretoria het dié foto in Junie op 'n plaas in die Oos-Kaap geneem. Hy het die foto ingeskryf vir die kategorie 'Toe en Nou.' 'n Sneeubedekte landskap is nie maklik om te belig nie. Ligmeters is geneig om te oorkompenseer vir die helder lig. Gebruik die liglesing dus as 'n riglyn en neem minstens drie ander foto's op verskillende verstellings.
Wenk 2:
Dick Lehmann het hierdie foto by Piggs Peak in Swaziland geneem. Dick se foto herinner ons daaraan dat goeie natuurfoto's nie noodwendig diere in goeie sonlig hoef vas te vang nie. Die eenvoud in hierdie mistige toneel, saam met die herhalende patrone van die bome, gee dit sy trefkrag.
Wenk 3:
Lizza Duijverman het hierdie kameelperd in die Krugerwildtuin afgeneem. Die meester Robert Capa is bekend vir sy uitdrukking: "as die foto nie goed genoeg is nie was jy nie naby genoeg nie."
Teken in op Beeld
Kry Beeld op jou Facebook-profiel
Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi
|