Fotokompetisie 2007 se reëls
Jan 09 2008 11:04:11:640AM - (SA)
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
 |
- Wanneer u deelneem aan die Beeld/Canon/WWF-fotokompetisie aanvaar u alle
bepalings, reëls en voorwaardes soos wat tussen Beeld, Canon, WWF en die
deelnemer geld.
- Foto's wat vir dié kompetisie ingeskryf word, mag nie voorheen
gepubliseer wees nie.
- Enige direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant van Beeld (of van
die agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is) of 'n eggenoot, lewensmaat,
ouer (aangeneem en aangetroud ingesluit), broers of susters (aangeneem ingesluit) of
enige sakevennoot of assosiaat van 'n persoon wat hierbo genoem is, mag nie
deelneem nie.
- Beeld aanvaar nie verantwoordelikheid vir enige borge wat nie hul verpligtinge
nakom nie.
- Foto's word daagliks deur 'n Beeld-paneel beoordeel.
- Slegs e-pos-inskrywings word aanvaar by oog@beeld.com.
- Deelnemers moet asb. net hul beste foto of foto's inskryf, en slegs een foto
per e-pos aanheg.
- Foto's mag nie digitaal gemanipuleer wees nie.
- Dit beteken mens mag nie agterna die waarheid van die foto verander deur
byvoorbeeld 'n lastige takkie digitaal te verwyder, 'n mooi boom op die
agtergrond by te voeg of elemente van die foto nader aan mekaar te skuif nie. 'n
Fotograaf mag egter merke van stoffies op die sensor verwyder, die kleurbalans en
-kontras 'n bietjie verstel, die fokus digitaal verskerp en die foto sny (crop)
om ongewenste dele aan die bo-, onder- of sykante weg te laat.
- Deelnemers en/of lesers moet hulself bepaal by die volgende sperdatums:
- Instuur van foto's vanaf 28 November tot 25 Januarie om 17h00.
- Omdat die inskrywingsdatum verleng is, sal die datums vir die aankondiging van die semi-finaliste, die SMS-stemmery vir die wenners en die aankondiging van die wenners, later bekend gemaak word.
- Alle inskrywings word die eiendom van Beeld , Canon en WWF. Dit sal in 'n
databank vasgelê word en Beeld en die borge mag die deelnemers se name en
adresse vir toekomstige promosie-, bemarking- en publisiteitsdoeleindes gebruik.
Deur in te skryf, stem die deelnemer toe daartoe en onderneem die deelnemer om
'n skriftelike versoek van Beeld in hierdie verband op aanvraag te onderteken.
- Die promotor is Beeld , Canon en WWF. Indien vereis deur wetgewing of
veranderinge in wetgewing sal Beeld, Canon en WWF die reg hê om hierdie
promosie onmiddellik en sonder kennisgewing te staak. In die geval van sodanige
beëindiging, stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat
hulle het kragtens hierdie promosie en gee hulle toe dat hulle geen regseis teen
Beeld , Canon of WWF, sy agente en promotors sal hê nie.
- Alle deelnemers doen hiermee afstand ten gunste van Beeld , Canon en WWF van
enige eise in verband met enige skade en of koste wat die deelnemer mag hê, ly
of opdoen deur die deelname aan die kompetisie en/of benutting van enige pryse. Alle
deelnemers vrywaar Beeld, Canon en WWF teen enige skade wat enigeen van hulle mag ly
en wat veroorsaak word deur sodanige deelneming.
- Die beslissing van die redakteur van Beeld oor enige geskil in verband met die
kompetisie en die pryse is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word
nie.
- Beeld se beoordelingspaneel hou hulle die reg voor om 'n foto na 'n
ander kategorie as waarvoor ingeskryf is, oor te plaas.
Terug na fotokompetisie
Teken in op Beeld
Kry Beeld op jou Facebook-profiel
Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi
|