Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Drie steke later en kobra is weer perdfris
Jan 14 2008 02:51:08:453PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mediese beampte Terence Doyle en Warren Kline ( met die kopdoek) druk die kobra in die buis voordat hulle sy wond met steke heg.
Kyk na nóg foto's
Amanda Bloom

Ons maatskappy was besig met 'n projek in Angola waar hulle landmyn-opruiming moes doen vir ontwikkeling wat deur Amerikaanse maatskappye daar gedoen word.

Daar is egter ooreengekom met die hoofkontrakteur dat alle dierelewe en gevaarlike gediertes veilig verwyder moes word en op 'n nabygeleë eiland vrygelaat word.

Warren Kline (die ou met die kopdoek op die foto's) is ontsettend lief vir slange en 'n spesialis op slanggebied. As daar net sprake was van 'n slang in die gebied het Warren sommer kaalhand in die gate gegrou totdat hy die slang het.

Nie 'n bang haar op sy kop nie en dan troetel hy die slange asof dit 'n pasgebore baba is. Streel en gesels met die slangspesie asof hulle elke woord kan verstaan!

Van die slange is per ongeluk met die ontmyningsmasjien raak getrap dan is ons mediese noodwerker Terence Doyle nadergeroep om steke te kom gee voordat die slang weer vrygelaat word op 'n nabygeleë eiland.

Die slang op die foto's is 'n Swartwoud-kobra. Dié slang is ook in die modder ingetrap deur die ontmyningsmasjien. Een van die masjien-operateurs het die slang gesien en vir Warren en Terence geroep.

Warren het die slang gevang en sy "skerp-kant" in 'n buis gesit terwyl Terence die slang se wonde skoongemaak het en toe drie steke ingesit het . . . met groot konsentrasie en 'n hele skare mense wat die operasie dopgehou het. Die slang is daarna versorg en sy wonde skoon gehou vir 'n week.

Die wonde het mooi genees en geheg, maar daar is besluit om die steke in te los want dit kan geen skade doen aan die slang nie en sal die wond beskerm totdat dit heeltemal genees is.

Die steke sal vanself uitval met tyd.

Dit was egter nie die enigste slang waarvoor daar steke ingesit is nie. Die spesifieke kobra was die baanbreker gewees. Een van die landmeters het net dié een se steke op film vir ons vasgelê.

Terence bly in Centurion en werk steeds van tyd tot tyd in Angola en ander Afrika-lande. Alhoewel hy gekontakteer word om mense te genees, moes hy al baie diere en reptiele ook help genees. Honde, perde, slange tot muskuljaatkatte tel onder sy pasiënte.

Met só 'n "medic" kan jy maar met albei oë toe slaap in die Afrika-bosse, vir sy hande staan niks verkeerd nie.

Groete

Kyk na die fotogalery

Stuur jou stories en foto's en video's na mystorie@beeld.com

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |