Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


'Veilig, maar ek slaap nie'
Mar 19 2008 01:07:06:447PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Marilize Copley, Londen

Ek is baie bly om te sien my bydrae het soveel debat ontlok en ek is nog blyer om te sien dat nie almal so bitter is soos Marlene Rademeyer nie.

Dis duidelik dat sy die hele punt van my storie gemis het, anders sou sy nie so baie konsentreer op die feit dat ek durf waag om gelukkig te wees in my man se geboorteland nie.

Ek lees oor Suid-Afrika, want ek is bekommerd oor die situasie daar. Ek het geen familie in Brittanje behalwe die aangetroudenes en dit het nou al twee keer gebeur dat ek die dag ’n SA-koerant se webtuiste besoek en ’n foto van ’n familie-lid of vriend aantref wat die vorige dag ‘n gewelddadige aanslag oorleef het.

En ja, ek mis my ma, suster en broers, niggies, neefs, ooms, tannies, en natuurlik my 96-jarige ouma wat nie eers meer met my oor die foon kan praat nie weens Alzheimers.

Die land waar ek nou is, is nie my land nie. Die kos is nie so lekker soos by die huis nie, mense is onvriendelik, die skole hier kan nie kinders leer om te spel nie, om nie eers te praat van dissipline of respek vir ander mense nie. As die situasie in Suid-Afrika verander, sal ek wel sak en pak huis toe kom, want dan sal my man, ’n Brit, miskien gewillig wees. Op die oomblik kan hy nie die situasie aanvaar nie.

Ek voel ons huidige en toekomstige regering het net hul eie welstand op die hart en mense soos ek en jy en kinders beteken niks.

Marlene, ek slaap miskien veilig vanaand, maar ek maak beslis nie ‘n oog toe nie.

Stuur jou foto, storie of video na mystorie@beeld.com.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |