Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Niemand verlustig hul in SA probleme
Cecil Barnard, Australië Dit is darem weer ’n guitige debat tussen die briefskrywers oor die ou spul wat gly en die ander ou spul wat bly. Marlene Rademeyer se “slaap lekker in veiligheid”-brief het ons sojamelk suur gemaak en die gawe dominee Mostert se liggie brand darem nog in die einde van die tonnel sien ek. Ek en my wederhelfte is deel van die “verraaiers” en “veiligslapers” wat eendag ’n wyle gelede die laaste Huisgenoot gekoop, deur die hekke van O.R. Tambo Internasionale Lughawe gestap, en die mooi veelkleurige vlag totsiens gewaai het. Ons was hartseer en opgewonde toe die Thai Airways Boeing 747 ons wegneem van Moeder Afrika na Down Under. Net soos die keuses wat jy maak in die kies van ’n lewensmaat, die voorstad waarin jy bly en die beroep wat jy beoefen, is die keuse om na ’n ander land toe te trek uitsluitlik joune en joune alleen. Die keuse het net so min met volksverraad te doen as wat die koop van ’n Landrover iets met volksverraad te doen het. Die redes hoekom jy van kontinente wissel is natuurlik ook jou eie, maar jy mag natuurlik jou sentimente met ander deel, soos met Marlene en Dominee Mostert. Sedert ons hier in sonnige Queensland kamp opgeslaan het was ek in verskeie gesprekke en debatte met mede nuwe Voortrekkers en voornemende nuwe Voortrekkers van die Nuwe Groot Trek betrokke. Ek is ook deel van ‘n informele ondersteuners groepie wie mense hier verwelkom en tou-wys-maak (Ek kan gekontak word by planetbaobab@gmail.com). Die goue draad deur al die nuwe Voortrekkers se storielyn is eenvoudig: Daar is, volgens ons ongelukkig net te veel lee rakke in die Hoop en Genade afdeling van die RSA Goewermentswinkel (EDMS BPK). Anders as wat sommige skrywers beweer verlustig niemand hier hulle aan die probleme in Suid Afrika nie, inteendeel ons almal bid dat dit spoedig sal regkom. Ek lees ook gereeld die nuus op die web, nie omdat ek die een of ander sadistiese regverdiging vir my migrasie soek nie, maar omdat ek ‘n diepe liefde vir Afrika gekoppel aan ’n helse bekommernis oor die veiligheid en toekoms van ons geliefdes daar het. Ek dink daarby ook is dit belangrik dat ons ophou kibbel oor wie nou ‘n verraaier en wie nou ’n liggie in die tonnel is, dit is kleinlik en bereik niks. As ons, soos die Italiaaners, Grieke, Jode, Hollanders en al die ander migrerende Europeese nasies, trotse burgers van hul nuwe lande kan wees terwyl ons ook ‘n konstruktiewe bydrae aan die Moederland kan maak, is die stryd halfpad gewonne. Stuur jou foto, storie of video na mystorie@beeld.com.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|