Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Wat van die wat bly, vra Marlene
Mar 19 2008 03:27:01:920PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Marlene Rademeyer, Centurion

Ek kan dit bekostig om die land te verlaat, ek sou tog immers nie by liefdadigheid betrokke gewees het as ek dit nie kon bekostig nie.

Maar ek gaan nie die arm wit hawelose mense hier los nie.

Ek gaan nie oorsee bly tensy elke liewe vriend en familie dit ook kan bekostig om daar te bly nie. Wat sê jy vir jou broer as sy 9-jarige dogter verkrag word, “jammer jy kon dit nie bekostig het om saam te kom nie broer”.

Hoe sê jy vir jou ouers, “jammer dat pa reeds `n beroerte gehad het en dat ons pa hier gaan los vir nog `n paar jaar”.

Ek praat nie noodwendig van my familie nie maar ook van jul families!

Ja ek was al in `n gewapende rooftog betrokke. Ja, ek het ook `n kind, hy is my lewe, my alles.

Hy kan oorsee gaan studeer en daar te bly, maar hy skop harder daarteen as ons.

Aan almal wat die dominee en Angus aangeval het, is ek maar bly julle is daar anderkant, want ons oorlog is teen ongelowiges nie teen gelowiges nie.

Hierdie storie is gemik teen al die arrogante immigrante wat Suid Afrika se mense wat wil en sal bly se geloof en wysheid van daar anderkant af wil aanval.

Ja, ek hoor oor die radio vandag die krag kan met 67% opgaan, maar ek ry met `n glimlag werk toe want ek en my familie bid saam, praat saam, lag saam en bly positief.

(Verkort - Red)


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |