Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


'Diep binne my huil dit'
Mar 19 2008 04:20:18:067PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Gijsbert Nap, Nederland

Ek is ’n gebore Suid-Afrikaner, maar ek bly nie meer in my geboorteland nie.

In 2000 het ons gesin na Nederland geëmigreer. Nie om misdaad nie, maar omdat ek nie ’n beter werk kon kry nie, want jy sien ek is wit.

In Nederland het ek die kans gekry wat ek nie in my geboorteland kon kry nie. Ons het al ons familie agtergelaat.

Natuurlik is dit hier ook nie net rose en maanskyn nie, maar ons is baie gelukkig hier. Ek is trots om ’n Nederlander te wees en vir baie lank het ek niks gevoel vir my geboorteland nie, totdat hulle aan my geboorteplek se naam staan karring het.

Ek het wel begrip daarvoor waarom hulle dit gedoen het, maar waarom soveel geld uitgee terwyl daar sake is wat meer prioriteit het?

Dit is toe dat ek begin voel het dat ek nog steeds ’n Suid-Afrikaner is en sal bly. Ondanks alle veranderinge wat plaasgevind het en nog sal plaasvind.

Ondanks alle korrupsie, misdaad en alle ander probleme waarmee my geboorteland te make het. Waarvoor ons so bang is, is vir die dag dat een van ons familie sommer so vir niks doodgemaak word.

Suid-Afrika is so ’n mooi land, en het soveel potensiaal. Daar is dinge wat ’n mens nooit sê nie, wat ’n mens alleen bewaar binne in jou. Ons besef dat ons soms snags meer wakker lê oor ons familie as hulleself.

Baie vriende en kennisse het al die pad gevat, is besig om die pad te vat en daar sal nog baie die pad vat. En waar gaan dit eindig?

Diep binne my huil dit. Weet jy, omdat ek besef dat ek my geboorteland nog liefhet. Daarom lees ek elke dag nog oor Suid-Afrika.

My hart huil vir almal wat sinloos vermoor is en nog vermoor gaan word, dit huil vir alle misdaad slagoffers, dit huil omdat probleme nie opgelos word nie, dit huil omdat daar nie geluister word nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |