Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Lot se vrou? Aikona!
Mar 20 2008 11:19:12:920AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Lot se vrou! Aikona!

Louise Pretorius, Auckland

Ek is deesdae nogal ietwat lou oor Suid-Afrika en sy probleme.

Kom ons sê maar die Reitz-voorval het my finaal tot die punt gedryf dat ek voel ek het min te doen met wat nou daar aan die gang is.

En dat ek nie Afrikaners as ’n groep wat swaar kry hier kan verdedig nie, nie solank daardie tipe van paternalistiese rassisme nog bestaan nie.

En waar ek eers die Suid-Afrikaanse koerante daagliks gelees het, is dit nou ’n geval van af en toe.

Maar toe stuur ’n vriend vir my Bossie van Nieu-Seeland en Marlene van Centurion se stories aan. Laat ek tog iets sê oor die debat.

Want sien, Marlene, terwyl ons nou met die Bybel onder die arm ons toekomslot probeer uitwerk a la dominee Mostert, weier ek om soos Lot se vrou heeltyd agter toe te kyk na dit wat ek agtergelaat het.

Ek het destyds die voor en nadele opgeweeg, en lank gedink oor wat vir my en my gesin belangrik is, en toe besluit ter wille van ons kinders, en onsself, moet ons vort. Nie omdat iets met ons gebeur nie, maar voordat.

My suster en broers is ewe goed gekwalifiseer as ek, maar hulle het gekies om in Suid-Afrika te bly.

Dis hul keuse, en hoewel ek nie daarmee saamstem nie, aanvaar ek dit, en probeer ek nog steeds deel in hul lewenslot so goed as wat ek kan.

Dis vir my swaar om my ouers agter te laat, maar ek het besluit om my kinders se belange voor op te stel, en ek hoop en bid elke dag dat dit met my familie sal goed gaan tot aan die einde van hul lewens.

Ons het nie net gepak en gewaai nie. Dit was ’n besluit wat na baie en goeie oorweging gekom het, en wat ons baie gekos het, emosioneel en andersins.

En vandag stuur ons geld vir mense in Zimbabwe wat nie kos het nie, so wie weet, as jy dalk ’n georganiseerde poging op die been wil bring, kan ons ’n bydrae maak vir Suid-Afrikaners wat nie meer het nie.

Die swart trekarbeiders doen dit immers al jare lank, om geld terug te stuur huis toe.

Ek weet vandag dit was die moeite werd om te emigreer, die meetsnoere het vir my en my gesin op lieflike plekke geval. Maar ek weet ook dis my keuse, en beslis nie almal se koppie tee nie.

Dus gun ek Bossie sy keuse om terug te gaan SA toe. Hy was in Nieu-Seeland, en dit het nie vir hom gewerk nie. Om een of ander rede is hy kwaad vir die plek, ek skat hy het sy toon iewers gestamp teen ’n klip of miskien kon hy net nie hier aanpas nie.

Stuur jou foto, storie of video na mystorie@beeld.com.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |