Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Verlang na 'warm' winters
Mar 21 2008 10:39:55:120AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Kuys Viljoen, Kanada

Vanuit Kanada verlang ons na die lekker “warm” winters in Suid Afrika.

Die lekker lang somermaande. Om buite te staan en ’n vleisie te braai en dit is nie 20 grade onder vriespunt nie.

Om nie soggens op te staan en eers ses duim sneeu te verskuif nie.

Maar:

Ek is nie verbitterd oor die wat nog in Suid-Afrika wil bly nie.

Ek woon lekker in Kanada met ’n goeie werk (ek is 69 jaar oud).

Ek verdien ’n goeie inkomste, betaal bitter min belasting, betaal geen mediese koste nie, gratis bankdienste, betaal min of geen rente op ’n huurkoop-lening vir ’n motor nie, baie lae rente koers (van 4% tot 6%) vir ’n huislening.

Waneer ek in Suid Afrika kuier wil ek die straat af stap en weet my horlosie of goue nekketting sal nie van my lyf af gesteel word nie.

Waneer ek die straat af ry, sal ek veilig wil voel om by die rooi verkeerslig te stop.

Waneer ek geld by die bank wil trek, sal die masjiene werk (sonder kragonderbrekings).

Ek wil nie vanaf die lughawe tot my hotel agtervolg word deur misdadigers nie.

Waneer ek vir parkering op die lughawe betaal, wil ek nie deur ’n sekuriteitswag met ’n AK47-geweer dopgehou word nie.

En die lys kan net langer word.

Stuur jou foto, storie of video na mystorie@beeld.com.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |