Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Nagmerrie op trein Kaap toe
Sannah Jacobz Die naweek was ek een van 214 pasasiers wat per trein vanaf Johannesburg na Kaapstad gereis het. Amper almal van ons was atlete wat spesifiek vir die Twee Oseane-wedloop deur ’n toergroep op Spoornet se Shosholoza Meyl bespreek het. Die toergroep se reëlings was puik. Maar die treinrit was ’n nagmerrie-ervaring. Die trein het meer as twee ure laat vanaf Johannesburg vertrek weens Spoornet se verkeerde besprekings. Die badkamers (toilet en wasbakkie) op die trein is absoluut ’n nagmerrie. Ek het nog nooit eers ’n skaapkraal so sleg ervaar nie. Die kompartemente is ook lank nooit skoongemaak nie. Die mure en sitplekke was so vuil dat mens te vies was om aan iets te vat. Om nie eers van die beddegoed te praat nie. Oud, uitgerafel en gekreukel. Sondagaand moes van die passasiers amper twee ure vir hul kos wag, omdat daar glo te min kos gemaak is. Hoe beplan Spoornet as daar vooraf vir al die etes gereël is? Terug op Johannesburg se stasie het nie een roltrap gewerk nie, van die ses toilette het twee gewerk en by net een kraan in vier wasbakke was daar water. Ek wonder net wat dink reisigers van oorsee? Lekker trein gery? Nie weer nie! Stuur jou foto, storie of video na mystorie@beeld.com.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|