Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Slaggat veroorsaak motorongeluk
Apr 03 2008 10:51:43:867AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Só lyk die slaggat wat die ongeluk veroorsaak het.
E. Eckard,Pretoria

My man was onlangs in 'n motorongeluk gewees, hoofsaaklik weens 'n slaggat net voor Mount Amanzi by Hartebeespoortdam. Hy was op pas terug Pretoria toe ná 'n vergadering toe 'n aankomende voertuig vir die slaggat uitgeswaai en na sy baan oorbeweeg het. Hy kon darem uitswaai, anders sou dit 'n tromp-opbotsing gewees het. Die voertuig het egter die agterkant van sy bakkie getref.

Die ander voertuig het op sy dak tot stilstand gekom, maar niemand is ernstig beseer nie. Die meeste mense kon met net geringe beserings wegstap.

Reg voor die slaggat is daar ook ander gate, maar geen teken om 'n mens daarteen te waarsku nie. Daar is wel 'n klein chevron voor die gat in die middel van die pad, maar totodat jy byna teen die gat is, sien jy dit saans glad nie. Hoe swaai 'n mens uit of hou betyds stil, al ry jy teen 80 km/h op 'n nat pad?

Daar moet mos waarskuwings wees, of hoe? In die dag is daar nie 'n chevron nie; gevolglik sien jy die gat eers as jy by hom is. 'n Mens moet maar 'n plan maak; die meeste mense ry daardeur en beskadig hul voertuie.

My broer het deur die dag die foto's geneem, en toevallig het 'n Nissan 1400 ook deur die gat gegaan. In die dag sien 'n mens die gat nie. Albei die Nissan se agterwiele is beskadig, en daar kon nie verder met hom gery word nie.

Die herstelwerk van die gat het glo gistermiddag begin. Die vraag is nou waarvoor ons belasting betaal. Ons ly baie skade; nie net dink ons die bakkie is afgeskryf nie, ons sit ook nou met net een voertuig, en dit is 'n groot ongerief.

Dit is te wyte aan mense wat nie hul werk doen nie. Hulle moet mense vooraf waarsku dat daar vorentoe 'n slaggat is wat dalk hul voertuie kan beskadig, en dat hulle versigtig moet wees en stadiger moet ry. Die klein bordjie voor die gat moet alles kastig regmaak, maar saans is dit baie moeilik om die bordjie te sien.

Daar is groter slaggate as hierdie een, en die pad na Thabazimbi is 'n nagmerrie. Ek voel dat iets drasties gedoen moet word.

Stuur jou foto, storie of video na mystorie@beeld.com

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |