Madiba in Orania
Op 15 Augustus 1995 het Madiba Orania besoek. Dana was daar.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Verslag van menslike dramas . . .
    Apr 04 2008 10:33:55:823AM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Mariana Celliers


    ‘Die ergste aardbewing in 25 jaar in die Verenigde Koninkryk.” Dis hoe die media dit beskryf. ’n Volle 5,2 op die Richterskaal .

    Laat ek jou ’n blik gee in die alledaagse belewenisse daarvan deur mense hier in Engeland.

    ’n Blinde man berig oor die radio dat sy hond, wat nooit wil uitgaan saans nie (hulle moet hom behoorlik uitlok om te gaan draai loop), reeds teen 21:00 die aand van die aardbewing sy baas beduie het dat hulle moet uitgaan. Die hond was ongedurig, hy wou net uit saam met sy baas.

    Nou besef die blinde man die hond het reeds die trillings gevoel en geweet daar is gevaar en hy moet sy baas beskerm daarteen! Dit is die soort beskermingsinstink en lojalitiet wat ’n “lordship” verdien!

    ’n Man wat bouwerk doen op ’n plaas sien gereeld vanaf sy uitkykpos op die dak hoe die bantamhoendertjies op die werf rondskarrel en berig dat hulle altyd baie bedrywige werfdiertjies is.

    Maar dié middag het hulle ewe skielik almal in ’n ry doodstil gaan sit – geen piep of skarrel uit hulle nie! Voorgevoel gehad?

    Ek het in diepe slaap ’n gerol en beweeg van “wiele” buite ons slaapkamervenster gehoor en gedink my landlady, wat baie eksentriek is, is weer aan’t beweeg hier in die stil ure van die nag. Maar toe sy die huis rondstamp en laat kantel met haar ge-“waentjie rondstoot”, toe skrik ek behoorlik wakker, en my man saam met my.

    Ons is so deur die slaap, ek sê ewe vir hom “Jong, dis weer die Ingelse wat iets aanvang hier agter!”.

    Maar soos die slaapnewels verdwyn, besef ons dat dit ’n aardbewing was! Nogal onrustig geslaap verder, siende dat ons huis ’n hele groot plaasskool is, met baie hoë dak en als.

    Ek kom ook agter mense doen die snaaksste goed eenuur in die nag. Hulle word lekker uitgevang deur die aardbewing! Een ou loop glo rond en luister na die naggeluide. Toe die aardbewing kom, sê hy, het al die diertjies uit hul gate gekom en dit het geklink soos ’n middernagfees.

    ’n Radio-omroeper van Radio Derby, ons plaaslike radiostasie, is slegs 15 minute na die skudding wakker gebel deur ’n Amerkaanse verslaggewer waarmee hy goed bekend is. Sy wou daar en dan ’n regstreekse onderhoud met hom voer oor die aardbewing! Hy sê hy het deur die hele gedoente geslaap.

    Hy mis toe uit op ’n lekker kans om eerstehands en heel eerste daaroor verslag te lewer in Amerika. Kan jy glo dat nuus so vinnig versprei?

    Een man berig hy dog sy vrou het weer uit die bed geval (sy het glo die aand tevore), maar sy het hom verseker dis nie sy wat die huis so geskud het nie.

    Die enigste besering is opgedoen deur ’n jong man in Gainsborough Lincolnshire aan die ooste, waar die sentrum van die aardbewing was. Hy het sy bekkenbeen gebreek toe die bakstene van die skoorsteen op hom geval het – binne in sy bed.

    Nouja, soveel dae soveel dinge. Gelukkig is hierdie eilandjie nie uitgelewer aan erge aardskuddings soos in groot dele van die wêreld nie. Soos alles hier, is die dinge klein in vergelyking . . .

    Stuur jou storie, foto's en video's na mystorie@beeld.com.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |