Slegter as hoenderspel kan dit nie gaan
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Dis laat, maar ek weet: die antwoord is 16
    Apr 17 2008 04:45:36:840PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    (Skuilnaam) Belvoos vir Breindoos,

    Graag wil ek hierdie ondervinding van my deel met ander mense wat so ietsie van wiskunde af weet en die program Brainbox (Breindoos) op TV in die vroeë oggendure al gekyk het.

    Ek het darem 'n verskoning hoekom ek wakker was daardie tyd van die oggend. Mens moet maar self besluit of die program jou wiskunde regtig toets of versamel hulle net SMS'e teen betaling. Ek dink nie dit is 'n moeilike antwoord nie.

    "Donderdagoggend vroeg word ek so 01:10 se kant wakker waar ek vroegaand voor my TV op die bank aan die slaap geraak het. Net betyds om te sien hoe hierdie program op een van die TV kanale jou smeek om hulle ateljee te bel nadat jy 'n maklike wiskunde sommetjie opgelos het. Jy moet net een van 4 moontlike antwoorde op die skerm kies. Oproepe en SMS'e kos R7,50 elk. Die vraag is nie te moeilik nie - 8 + 4 / ½ = ?. As jy nie 16 kry nie, hou aan lees.

    Jy moet dalk nie aan hierdie kompetisie deelneem nie. (Die oplossing volg later. Of SMS my - dit kos R7,50 elk)

    In elk geval, die prysgeld raak toe nou nogal heel aanloklik. 'n Hele R20 000 is nou nie te versmaaie nie. Ek het matriek 'n hele paar jaar gelede net-net deurgekom maar het nogtans nie 'n sakrekenaar nodig gehad om die sommetjie te doen nie. Baie sakrekenaars sal in elk geval vir jou 'n verkeerde antwoord gee. Indien jou sakrekenaar jou dalk 'n antwoord van 24 gee, hou aan lees. Jy gaan regtig baie geld spaar!

    Ek gryp my selfoon en bel met groot afwagting die nommer op die skerm. 'n Voorafopgeneemde stem in Engels sê eers mooi dankie dat jy gebel het en dan gaan jou oproep deur na 'n "random selection mechanism". Binne 5 sekondes word jy meegedeel dat jy nie suksesvol was nie en word jy bedank vir jou deelname (en dus ook jou R7,50-skenking).

    Dalk was die lyn bietjie besig en kon ek nie deurkom nie. Niemand anders kom egter ook deur nie.

    Maar wag! Die aanbiedster raak nou ontsteld dat niemand gebel het nie en vir die volgende 3 minute word die prys opgestoot tot R25 000. Ywerig gryp ek my foon en bel weer. Binne enkele sekondes is ek weer verlos van R7,50.

    Dalk is die lyn weer te besig omdat almal nou tegelyk probeer bel. Raai wat, die aanbiedster kry nie 'n enkele oproep in hierdie 3 minute nie! Ook maar goed so - dit spaar hulle immers R25 000 aan prysgeld!

    Dit is nou al amper 01:30. Die opwinding is te veel om nou te gaan slaap.

    Een nommer word weggeneem. Indien dit die antwoord was wat jou sakrekenaar jou gegee het, kan jy nou maar gaan slaap het. Die adrenalien hou my brein egter wawyd wakker.

    My oë bly gefokus op die 16. Nie 'n enkele persoon het intussen al deurgekom om die aanbiedster in te lig dat die korrekte antwoord 16 is nie. Is ek regtig die enigste mens wat hierdie sommetjie kan doen? Ek kan dit nie meer vat nie en bel 'n derde keer.

    Selfde storie! Ek word nou darem ingelig dat ek dit so ampertjies gemaak het. Ek kan nie glo dat niemand al die korrekte antwoord kon gegee het nie. Dalk is my berekeninge tog nie reg nie.

    Die aanbiedster sê as ons sukkel moet ons ons ouers en vriende bel vir hulp. Ek bel vir hulp. My ma het vanoggend bekommerd teruggebel en hulp aangebied. Nie een van my vriende het my intussen teruggebel nie.

    My hart klop wild om 01:45 toe nog 'n nommer weggeneem word. Nog so klompie mense kan nou maar gaan slaap. Dit is seker die mense wat nie 'n sakrekenaar nodig het nie, maar nie weet wat is 4 / ½ nie. Indien jou antwoord 2 was, hou aan lees vir die oplossing.

    Ek is seker die enigste mens in die land wat hierdie tyd van die oggend nog TV kyk en wiskunde kan doen want nog steeds kom niemand deur na die ateljee nie. Ek bel vir die vierde keer en word ingelig dat ek dit so wraggies byna-byna amper gemaak het.

    Ek voel hoe trane in my oë opwel van magteloosheid. Ek wil so graag die aanbiedster verlos van haar frustrasie, maar hoe kan ek haar vertel dat die korrekte antwoord 16 is? Teen hierdie tyd is dit duidelik dat iets met hulle toerusting verkeerd moet wees want geen oproep word deurgesit na haar nie!

    Die "random selection mechanism" is duidelik besig om almal se oproepe onselektief af te keur. Siestog! Intussen raak sy so kwaad dat sy sommer die musiek stilmaak en 'n al hoe meer dreigende houding aannneem. Ek voel regtig jammer vir haar. Ek sien vlugtig iets van "Customer Service" op die skerm maar mis toe die telefoonnommer.

    Ek moet hulle inlig oor die probleem! Tyd loop uit en ek kan nie wag vir die nommer om weer te verskyn nie. Desperaat gryp ek na my rekenaar en probeer gaan na www.brainboxquiz.co.za. Dit vat ongelukkig te lank. Later sou ek sien dat hulle wel beskikbaar is tussen 12:00 en 18:00, IN DIE MIDDAG!

    Dit is nou 01:50, veertig minute nadat ek wakker geword het. Daar word aangekondig dat die laaste 5 minute aangebreek het en dat iemand gewaarborg is om deur te kom. Almal moes intussen seker al opgehou bel het weens die foutiewe toerusting wat almal se oproepe weggooi. Met 30 sekondes oor word my vyfde oproep onselektief teen R7,50 weggegooi. Met afgryse staar ek na die horlosie en kyk hoe die laaste sekondes verdwyn.

    Die mense het nou wraggies 'n groot klomp tyd op TV gemors omdat die "random selection mechanism" niemand tydens die laaste speletjie na die ateljee deurgeskakel het nie.

    Toe die wonderwerk!

    Met een en 'n fraksie van 'n sekonde oor kom 'n persoon deur na die ateljee! Sjoe, maar sy is darem gelukkig! Sy speel seker gereeld die Lotto ook. En baie vinniger as wat dit begin het is die persoon haar R20 000 ryker en omtrent 15 sekondes nadat die persoon gebel het is die program ook sommer verby.

    Geen wat doen jy en waar kom jy vandaan nie (soos op Noot vir Noot) want sien, dit is nou amper 2:00 die oggend en die volgende program moet begin. Vyftig minute nadat ek wakker geword het strompel ek na my bed.

    Daar is nie nog tyd vir speletjies ook nie!

    Niemand sal my seker kwalik neem as ek in die vervolg nie meer so vroeg in die oggende sommetjies doen en SMS'e gaan rondstuur nie. En dan beveel hulle op die webruimte aan dat jy nie meer as 140 keer per dag deelneem nie. Vat maar jou sakrekenaar en gaan doen maar self die somme wat dit jou gaan kos.

    O ja, indien jy nog nie by 16 uitgekom het nie. 'n Mens doen eers die deelwerk. 4 / ½ is natuurlik 8. Tel 8 by en jy het 16. Baie sakrekenaars begin van links na regs en sal jou 24 gee.

    Groete

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |