Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Wenke vir foto's
  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Wenke vir die neem van beter foto's
Jy kan enige foto stuur wat jy met Beeld se lesers wil deel.
Ons sal veral aan nuusfoto's en snaakse foto's voorkeur gee.

Samestelling
Die belangrike aspek handel oor die rangskikking van elemente teenoor mekaar in die raam. Die goue reël is eenvoud.
Neem slegs een onderwerp af, maak seker dit staan duidelik uit van die res van die foto en gooi onnodige voorwerpe uit.
Voordat jy die knoppie druk, vra jou af of elke element in die raam tot die boodskap bydra.

Oomblik
Daardie sogenaamde "gelukskote" is byna altyd die produk van voorbereiding, beplanning en baie geduld. Wanneer jy 'n goeie onderwerp gevind het, moenie net met een skoot tevrede wees nie.
Probeer ander hoeke, 'n ander lens, 'n nuwe perspektief.
Kry afstand, betrag die situasie opnuut en probeer weer.
In visuele kommunikasie word baie klem op emosie gelê. Wees bedag op die liggaamshouding en gesigsuitdrukking van die mens of dier, en dink oor hoe dit die beplande boodskap ondersteun.

Lig
Liggehalte bepaal in 'n groot mate die foto se trefkrag. Die meeste fotograwe verkies die warm eienskappe van dagbreek of sonsondergang, en die algemene reël om versigtig vir twaalfuurlig (wat eintlik van 11:00 tot 15:00 strek) te wees, is alombekend.

Sluiterspoed
Vir amateur-fotograwe is die sluiterspoed en lensopening twee elemente wat gebalanseer moet word om beligting te hanteer. Eerder as iets wat net deur omstandighede bepaal word, sien professionele fotograwe dit as 'n belangrike deel van die kreatiewe proses en as 'n meganisme om die verlangde boodskap duideliker oor te dra.

Manipulasie
Ons laat nie digitale manipulasie toe nie. Beeld beskou dit as digitale manipulasie as iemand 'n foto vervals: Met ander woorde; daar is net twee seekoeie op die foto, maar 'n derde seekoei word digitaal op die foto geplaas om die komposisie te verbeter. Of 'n duif, wat nie daar was nie, word byvoorbeeld op iemand se skouer geplaas om die foto beter te laat lyk.
Dit word nie as digitale manipulasie beskou nie as iemand byvoorbeeld die kontras verbeter of die foto skerper maak nie.

  • Bostaande is 'n verwerking van wenke deur Johann van Tonder, wat fotojoernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch doseer.
  • Gaan kyk hier na wenke wat ons vir lesers in fotokompetisies gegee het.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |